"Koffie-soene" deur Sarel Serfontein

  • 0

Koffie-soene

Daar is ’n tyd en plek vir alles,
Maar nie plek vir my.
Jou hart was vol en jy moes kies
Toe stoot jy my opsy.

Hier staan ek steeds jare later
En hierdie hart hou aan bloei.
Ek wil nêrens anders wees
As reg langsaan jou sy.

Koor:

Dis daai koffie-soene van jou
Wat ek vir altyd sal onthou
Die lekker lag van elke dag
Die gesels regdeur die nag
En al vergeet jy van my
Sal ek aanhou baklei
Vir daardie koffie-soene van jou

Die tyd het gekom en gegaan
Ek’t jou in my hart gedra
Terwyl jy besig was om
My uit joune te wis en aan te gaan.

Koor:

Dis daai koffie-soene van jou
Wat ek vir altyd sal onthou
Die lekker lag van elke dag
Die gesels regdeur die nag
En al vergeet jy van my
Sal ek aanhou baklei
Vir daardie koffie-soene van jou

Brug:

Laatnag “Wimpy”-mega-koffie
Proe net nie meer dieselfde.
Ons liedjie op die radio
Het ook sy betekenis verloor.

Koor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top