Koester in Afrikaans
Is ons almal nie maar siek
Vir die teëspoed en die slegte nuus
van goeters wat seermaak?
Waarmee ons elke dag swoeg
Dis oraait, boet
ek het jou back
Dan nog die liefde
en verloor
Geknak, gekriewel, desperaat
Dis polities inkorrek
Dis poëtiese patetiese praatjies
van kokkedore, senode … plagiaat.
Wie dink jy is jy snotkop
om so te raas en blaas
oor iets wat jy nie eens verstaan?
Want die gekriewel, geknak
is onnodig, dis twak
Ons wil saamstaan en praat in ons taal,
is dit dan so verkeerd?
Die taal is nie dood nie
Die taal is nie dood nie
Sy moeder gee nog melk
Sy vader verstaan hom
Dis nog lank nie gekraak nie.
Die jongmens het ’n stem
wat kriewel en krap,
op mure en papier.
Ek sal jou Whatsapp in my taal
Stuur my jou BBM-pin, ek message jou gou
Die gekriewel en geknak
is deel van grootword en vrees,
kom oor dit in jou eie tyd
Want dis hoe dit is.
Hier gaat ons weer en weer,
met paarties omgekeer,
ons raas en lawaai,
maar die magtige media is doof.
Gee ons ’n stem
Dat ons kan weet ons bestaan
Dat ons kan liefhê hoe ons wil
Dis ’n gekriewel en gekneus
Van wie wil jy wees.
Maar laat ons toe om net te wees
te koester
in Afrikaans.
![]() |



