Koerante rapporteer gebeurtenisse soos dit plaasvind, of hoe?

  • 0

Koerante rapporteer oor gebeurtenisse soos dit plaasvind en sal daarom ’n nuttige bron wees vir navorsers oor die geskiedenis. Maar ’n navorsers wat gebalanseerd wil skryf, sal natuurlik ’n hele aantal koerante en ander bronne raadpleeg. As hy objektief wil wees, sal hy koerante en ander bronne wat opponerende benaderings het, in sy navorsing gebruik. Dit is nie eerlik en wetenskaplik om net een bron, wat ’n saak vyandig gesind is, as verwysing te gebruik nie.

’n Groot probleem met die skryf van die geskiedenis van Suid Afrika is dat die Engelse koerante byna voor die voet die saak van vorige wit regerings vyandig gesind was. Slegs Afrikaanse koerante het die ander kant van die saak verdedig en, helaas, word hulle nie oorsee juis gelees nie, oor die taalverskil. Daarom was oorsese koerante grootliks totaal onbewus van enige verdediging van afsonderlike ontwikkeling wat deur die Afrikaanse koerante geopper is, hoe opreg en geldig sodanige Afrikaanse koerante ook al daaroor gerapporteer en kommentaar gelewer het.

Bostaande is my beskeie en eerlike eerlike mening oor die saak, en ek is oortuig dat dit ’n geldige argument is.

Groete,

Teuns Potgieter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top