Koerante en geskiedskrywing vir Wouter en Jan Rap

  • 0

Beste Wouter en Jan Rap

Ek gee nie om wat julle of Hoit of wie ook al sê nie, feit bly staan: ? historikus wat sy sout werd is, maak gebruik van, onder andere, koerante. Natuurlik is koerante nie objektief nie, joernaliste ook nie, want hulle is (subjektiewe) beriggewers, nie geskiedskrywers nie, en die student wat sy M- of D-verhandeling skryf, is mos bewus daarvan. Dis mos die geskiedskrywer se werk om te snuffel en te interpreteer en te bewerk. Vra vir my, ek ken ? paar, en hulle is net sulke goeie speurders as die beste wat die CIA of die Ogpoe kan en kon oplewer.

Ek lees nou juis ? boek deur Eric Goetzsche, Father of a City (Durbanse geskiedenis). In die bibliografie daarvan is oa die volgende: Francis Armstrong: letter published in Natal Mercury; Natal Mercury: issues from 1854 to 1893; Natal Witness: issues of 1850; Rand Daily Mail: July 1928.

Terselfdertyd herlees ek ook dele uit RO Pearse se Barrier of Spears (die geskiedenis van die Drakensberg). Die skrywer het mildelik gebruik gemaak van Natal Mercury, Natal Witness, Natal Daily News, Sunday Times, Rand Daily Mail, asook verskeie tydskrifte.

Tag! Waar was die koerantjoernaliste tog toe Jesus gekruisig is. Hulle sou mos met smaak kon beskryf hoe daardie klomp zombies op Jerusalem afgestorm het toe al die grafte oopgegaan het.

Groete

Angus

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top