Koedoehart
Jy dink dalk jy stap soos enigeen verby
Maar uit my oë stap jy reguit dwarsdeur my
Op met die trappe van my hart
Oor my siel se koedoevelmat
Ek voel al soos ’n lafaard
Maar ek kan dit nie meer vat
Jou bokkie-oë maak my mal
Ek sal enigiets doen – ek sal
Vir een kans om vir jou te sing
En so my hart vir jou te bring
Ek wil jou net kan vashou
My koedoehart klop vir jou
Dis dalk nie ’n big deal as jy met my praat
Maar vir my is dit ’n moment: ’n heldedaad
My wange word warm, rissierooi
My voorkop begin soos nagdou sweet
Jy is onregverdig mooi
Ek wonder of jy dit weet
Jou bokkie-oë maak my mal
Ek sal enigiets doen – ek sal
Vir een kans om vir jou te sing
En so my hart vir jou te bring
Ek wil jou net kan vashou
My koedoehart klop vir jou
My hart sink met elke asemteug dieper in jou weg
Jou wegstap laat my wêreld leeg; ek kan nie daarteen veg
Jou somerstem draai in my kop
Jou lag weerklink soos donderweer
Wat my sê dat hier reën kom
Ek wonder of jy wil probeer
Jou bokkie-oë maak my mal
Ek sal enigiets doen – ek sal
Vir een kans om vir jou te sing
En so my hart vir jou te bring
Ek wil jou net kan vashou
My koedoehart klop vir jou
Ek’s so bly jy’s by my nou
My koedoehart bokspring vir jou
![]() |



