Koebaai Stellenbosch
Ek hoor die stormwinde
Die nag hier raak ontrustig
Die tydjie wat ons saam het
Glip vinnig deur my vingers
Ek voel daar in die diepte
My borskas sak al hoe dieper
Dis totsiens eers vir nou
Ek sien jou nie nou weer gou
REFREIN:
Ek vlieg vanaand, met daai groot stuk staal
Ek sê totsiens vanaand, vir die Bos
Vir al die kinders in die strate
Vir al die staatsongemak
Vir al die krake in die strate
Al my familie en my maters
Vanaand sê ek eers totsiens
Ry in die ou Sapphire wat my vriende so uitlag
Al my tasse netjies in die agterkant gepak
Het my Stellenbosch top aan, gesponsor deur my ma
En met stywe drukkies en pik soentjies is ek toe maar oppad
REFREIN
O, ek gaan jou mis
Veral die fish en chips
Die ou nagte gekuier
Die tjoppies op die vuur
Die naggeluide van die katjies op die muur
Die akkerbome, blare so volop in die strate
Vir nou sê ek eers totsiens
Ja, vir nou sê ek eers totsiens
Totsiens
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


