Kobus veg onverpoosd

  • 5

Kobus, as jy bewys het die evolusieleer is krom en skeef en onbetroubaar, hoe help dit jou? En hoe help dit die bybel en jou geloof? Die bybel is tog net so skeef en krom en ongeloofbaar, ongelooflik kinderlik dom!

Ek self glo, of eintlik, wíl graag glo daar is ’n God, liefdevol en beskermend. Die bybel is egter so vol teenstrydighede dat dit soms lyk of jou God ’n kwaadaardige wreedaard is, op ander plekke is hy weer wys en vol troos. Hoe kan mens al daardie stories glo en by jou volle verstand bly?

Dan het die bybel blykbaar ook baie hulp en aanvulling nodig, soos jy self wat ’n tyd gelede hier geskryf het die opstandelinge (met Jesus se dood) het "verheerlikte liggame" gehad. Dit staan gladnie in die bybel nie en is maar net nog ’n poging om die swakheid van daardie boek te verberg.

Let wel, ek is nie Cornelius Henn nie.

Sondaar

  • 5

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Sondaar, ek dink ook dat 'n "veheerlikte liggaam" ten minste die spies- en spykergate in Jesus toegemaak sou gehad het. Hy kan bly wees dat hulle hom nie onthoof het nie. Hy sou moes verskyn het aan sy dissipels met sy kop op 'n skinkbord.

  • Kobus de Klerk

    Sondaar, jy kan gerus maar in God glo, want Hy is inderdaad liefdevol en beskermend, en daar is baie miljoene mense wat ook so kan getuig.

    Wat die negatiewe dinge in die lewe aanbetref, wat mense God voor blameer ens, is daar 'n ou gesegde op Engels - what goes around, comes around. Dus, die mens wat kortkom is die argitek van sy eie en ander se smarte want mense leef nie in isolasie nie.

    Moet jou nie oor die Bybel bekommer nie - vind God (neem Sy uitnodiging aan) en dan sal jy ook later weet dat die kommentaar en kritiek wat jy teen die Bybel het, maar is omdat daar baie dinge is wat jy nog nie daarvan begryp, nie.

    Alles in die Bybel pas in die konteks van die geheel perfek in mekaar. Maar God is nie die Bybel nie en andersom. Die Bybel is daar vir ons gerief as kenbron van God en Gods Woord en is so geïnspireer deur God.

    Wat die evolusieleer aanbetref, is jy reg as jy te kenne wil gee dat dit my nie raak nie.  Maar dit raak baie ander, niksvermoedende jongmense, wat dan as bedroë volwassenes deur 'n infame stel leuens geïndoktrineer is en by sommige verwarring en selfs twyfel skep, Dit raak my, want dit is my medemens.

    Dus, dit is goed om aan sulkes uit te wys dat hulle nie hoef te twyfel nie, want dit is 'n stelsel van fyn uitgewerkte leuens wat die wetenskap misbruik om by niksvermoedendes in die naam van wetenskap uit te kom vir hulle eie duistere bedrieglike redes, naamlik, teenreaksie en vooroordeel teen God. Hulle gebruik die wetenskap as front vir hull eie bedrog en religie, soos wat Cornelius die Naam van die Here gebruik vir sy eie bedrog en religie.

    Dit is mos maklik om in te sien.

    Groete,

    Kobus de Klerk.

  • Interessant Chris, Die hele kruisiging sage het maar sy oorsprong in ander Paganistiese mites.Kyk maar na Inanna (vanuit die ou Mesapotaniese mitologie). Inanna en Jesus het beide na 'n groot stad gereis. Beide is deur soldate gearresteer. Beide is voor die hof gedaag en beide is tot die dood veroordeel. Altwee se klere is uitgetrek, altwee is gewiks en gemartel, altwee is opgehang aan 'n kruis en beide het gesterf. 

    Beide het drie dae later uit die dood opgestaan. Die een storie handel oor 'n paganistiese godin, en die ander oor 'n heilige man. Maar tog is die patroon maar weereens dieselfde. Fabels en mites het deur die eeue mekaar maar herhaal en nuwe hoofkarakters verkry. Hoekom mense nie deur hierdie leuens kan sien nie, gaan my verstand te bowe.

     

  • Kobus de Klerk

    Verskil is, Johan, jou feite is verkeerd en sommer jou eie maaksel - die afgod Inanna is 'n mite en wou volgens een van baie mites, die onderwêreld gaan besoek, om 'n tipe yin-yang te bewerkstellig, ens, en daar is 'n magdom verskille tussen die mitologiese figuur en die lewe van die HERE Jesus Christus. Daardie mites is latere byvoegsels

    Maar die mite het absoluut geen effek enigsins nie - maar Jesus Christus die HERE is werklikheid, Waarheid, Lewe en die Weg - met aardskuddende gevolge, letterlik en figuurlik.

    Terloops, die marteling van die HERE Jesus Christus was tipies van die gebruike in die pagan wêreld - na alles, dit was pagans wat die HERE gemartel het!

    Waarom kan julle nie logies dink nie? Julle is so vatbaar vir mites en fabels, maar kan die Waarheid nie hanteer nie - presies soos in die Woord staan.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top