Kobus, sal dit help as ek my hele brief onderstreep?

  • 0

Jy omseil (soos gewoonlik) die kwessie.

Wat ek by jou wil weet, is hoe iemand gered kon word indien hy oorlede is voor Jesus se geboorte, en Hom dus nie geken het nie. En met “ken” bedoel ek ook nie persoonlik ontmoet en gegroet nie, maar ten minste darem net geweet het (soos in “kennis gedra het”) van Hom.

Ek probeer verstaan waarom daar na hierdie opgestanes verwys word as “gelowiges”, as hulle nie van Jesus geweet het en dus nie in Hom geglo het nie? In wie of wat het geglo, en hoe strook hul redding uit die dood met die res van die Nuwe Testament wat Jesus (die Ou van wie hulle nie geweet het nie, omdat hy ná hulle tyd op aarde geleef het) uitdruklik as die ENIGSTE REDDER uitwys?

Daar is dit nou weer, vir die verdomde derde keer.

Oom Daan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top