Hello Kobus
Baie dankie vir die tyd geneem en die riglyne gestel met die idees soos verwoord deur jou, wat verwys na die " verwysingsraamwerk waartoe ’n agnostikus hom verbind tot die volgende, in die bestek van geselekteerde eksterne kennis”. Hierdie is ’n probleem wat beide die agnostikus en gelowige konfronteer en hierdie is nie net beperk tot godsdiens debat.
Hierdie is al voorheen na verwys, toe ek verwys het na ons redes vir ons redes is verskillend. In essensie kan dit soos volg opgesom word, wat kan redelik geglo word en watter bronne wat dit staaf kan geglo word en as stawende bewys geld. Dit is die uitdaging. In die konteks daarvan is daar begrip vir jou argument dat die verwysings waarop jy bou, gebaseer op die Bybel voldoende ondersteuning bied vir dit waaraan jy glo. Dit word immers as die waarheid en niks anders as die waarheid beskryf nie. Die wat die waarheid daarvan bevraagteken is hoogstens besig met die misbruik van "geselekteerde eksterne kennis" en daarom die eksterne stawende bronne vir jou standpunt uitsluit.
Stawende bronne vir die standpunt gehuldig deur jou is volgens jou oordeel opgelos en daarom nie ’n probleem nie. Die probleem is egter dat dit nie so eenvoudig opgelos is nie en hangende bly. Nie in die konteks van hierdie gesprek nie, maar dalk in alle debat, nasionaal en globaal van die vroegste tydperk tot en met die huidige, soos die verskille tussen my en Cornelius.
Watter redes en stawende bronne sal beskou word as geldig?
In die lig van dit wat alreeds bespreek is tussen ons, is dit duidelik dat dit nog nie opgelos is nie.
Wat sal deur beide van ons as ’n aanvaarbare stawende bron aanvaar word? Is dit moontlik dat Kobus de Klerk en Wouter Ferns ’n "common point of view" kan vind, soos Hume dit stel, "move some universal principle of the human frame, and touch a string, to which all mankind have an accord".
’n Ydele versugting, om in akkoord te wees met ’n gedeelde motivering vir ’n bestaansblik op die werklikheid.
Vir dit het ek nie ’n oplossing nie.
Baie dankie
Wouter

