Kobus, ons ware, haas onfeilbare en mees ervare Christen ...

  • 0

Seg jy:

Punt is – en dít is wat Tant Alie vir jou probeer sê en ek ook – ons as ware Christen gelowiges is nie vir mekaar onderling op ’n weegskaal nie. Elke Christen, hoe feilbaar, hoe groentjie, hoe ervare, is ewe geseënd om die HERE te ken en dien en ewe kosbaar. Nie-gelowiges (nie Christene) kom geensins hierby ter sprake nie.

Daar doen jy presies dít waarna ek verwys. Jy maak die stelling dat julle mekaar nie op ’n weegskaal plaas nie, maar kwalifiseer dit terselfdertyd deur die woord "ware" voor "Christen" te plaas. Dan, asof hierdie nie reeds genoeg is nie, sub-kategoriseer jy ook "ware" Christene deur voorsiening te maak vir grade van feilbaarheid en ervaring. (So, mens kry nie ’n ding soos ’n "beter" Christen nie, maar wel ’n "ware" Christen, wie boonop minder feilbaar en meer ervare kan wees as ander "ware" Christene? Hahahaha!)

Nee wat, dis ’n gespeel met woorde, ou swaer. Julle (en jy, veral) oordeel links en regs, selfs onder mekaar, en eintlik is dit heel verstaanbaar, want oordeel is die hoeksteen van die Bybel en die enigste rede waarom julle in die eerste plek "ware" Christene geword het. Immers, waarom anders sou mens ’n gelowige wou wees as daar nie een of ander oordeel of straf is wat jy dink jy sodoende kan vryspring nie? Hoe lank sou enige kerk bly voortbestaan as dit dalk bekend sou word dat God almal se sondes vergewe, en die ganse mensdom derhalwe skielik bestem is vir die hemel? (Gits, dink net wat ’n bliksemse teleurstelling dít vir jou sou wees!)

En dan net terloops: moenie so vinnig wees om die satan sleg te sê nie, want sonder hom het Adam en Eva nog kaal in die tuin rondgefladder en was ek en jy dalk nooit eens gebore nie! Al ooit dááraan gedink?

Oom Daan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top