Kobus, Kobus, Kobus ... dis alweer amper Kersfees ...

  • 0

Ja Kobus

Ek glo jy sal saam hierdie jaar in verwondering met Hindoe-, Moslem-, Jode- ... en selfs menige Jehova-getuie hart, die katolieke se aanbidding tot Baba Jesus as ons almal se Almagtige Lewende GOD met beter begrip aanskou.

Seker ’n bietjie meer as die vorige jare Kobus, want ek verheug my in groot dankbaarheid tot Sy majesteit in jou besef uiteindelik erken dat Jesus Christus wel ons Ewige Vader is!

Kobus, jy is ongetwyfeld die grootste "para" op die werf.

Jy is inderdaad selfs die "mam" op die werf.

Jy het jou status as sulks deur jare se toegewyde twisredes oor wetenskaplike, maar veral teologiese kwessies meedoënloos gebou.

Sonder medelye het jy ander se harte wat nie soos jy glo nie, genadeloos geskend.

Eweneens is my bydraes deur jou besmet, ontsier, ontheilig, beledig, belaster ...

Natuurlik sou ek lieg as ek seg dat jy my nie ook gefolter, gekasty, gekruisig ... het nie.

In jou waan, ontwy jy gedurig en gereeld opsetlik my karakter sonder om bewyse te kan aanvoer. In jou onwaar kwaadsprekery veronderstel jy sonder huiwer selfs dat ek ’n bipolêre versteurde anti-Semitiese oorlogsmisdadiger is.

En, dis als maar net in teenweer van die waarheid waarmee ek ander op jou aantasting troos, naamlik dat jy ’n oneervol geskrapte prokureur hospitaalbed Levitikus dweper in die regte lewe is.

Hel ja-nee, dis seer Kobus ...

Hoe kan jou verdagmakery sonder substansie van ander se harte, jou veinsery heilig maak Kobus de Klerk?

Wel, jy verwag seker ek moet die antwoord meet aan al jou paranimfe se hoon op die werf – van ’n gebete homoseksuele karikatuurmeester tot by Erika Henn met al jul stertjies.

Nee Kobus, die wêreld is besaai met spotkunstenaars wat godsdiens vergat. Jul uitdrukking daarvan op die werf is glad nie so oorspronklik as wat jy in jou selfvoldaanheid veronderstel nie.

Man van strooi ...

Dink jy nie ook jy oorskat jouself so ’n bietjie as para-regskundige, para-wetenskaplike, para-sielkundige, para-ginekoloog ... tot by para-prediker nie Kobus?

Kobus, ek het vrede met wat jy glo of nie glo nie. Ek het ook vrede met die gesoute karkasse wat jy vir roofdiere op Noag se Ark uithang. Ek het vrede (en selfs ’n bietjie plesier daaraan), met al jou ander verbeeldingsvlugte ...

Maar Kobus, hier is my pleit; gun ander wat jy jouself gun en spaar ons ander se harte wat jou nie wil eer nie.

Alle dinge kom van, en behoort aan, die Een GOD – alleenwys, goed, regverdig, heilig, wonderlik, en glorieryk. Dit, ons GOD, is die oorsprong van alle transendensie.

Mag Baba Jesus Christus, ons almal se Almagtige Lewende GOD, ’n ieder se hand hou in ons uitstyg bo die aardse.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top