Kobus
In jou "doel van die lewe", deel jy onder meer die volgende:
Maar dit is waarskynlik die bekende en beminde Franciscus van Assissi wat die kruks van die saak opsom: (aanhaling) ... Watter Godswyse raad het dié onbaatsugtige mens nie gegee nie …
Na al jou katolieke oordeel Kobus; dankie!
Ek verwys gereeld na die Heilige Franciscus van Assisi. Dis hy wat die os, donkie, skaap en paar hoendertjies in Kersfees gebring het. Sy passie vir diere is juis die rede hoekom hy as heilige beskermer van diere gewy word.
Ek deel met jou my vertaling van die Heilige Franciscus se "Canticle of Brother Sun"; die enigste vertaling na my wete in Afrikaans:
Die Lofsang van Broeder Son: Allerhoogste, Almagtige, Alle Goeie God, alle lof behoort aan U, alle eer en alle seën. Aan U alleen, Allerhoogste, behoort dit, en geen sterfling se lippe is waardig om U naam uit te spreek nie. Eer aan U my God met al U skepsels, veral Heer Broeder Son, wie die dag is waardeur U aan ons lig bring. En hy is pragtig stralend met groot glans; van U Allerhoogste, dra hy gelykenis. Eer aan U, my God, tot die einde toe Suster Maan en die sterre, in die hemel het U hulle geskape helder, kosbaar en mooi. Eer aan U, my God, tot die einde toe Broeder Wind en Lug, en mooi en stormagtig, al die weer se buie, waarby U alles koester wat U geskape het. Eer aan U my God tot die einde toe Suster Water, so bruikbaar, nederig, kosbaar en suiwer. Eer aan U my God tot die einde toe Broeder Vuur, deur wie U lig in die nag, hy is pragtig en spelerig en fors en sterk. Eer aan U my God tot die einde toe, ons Suster, Moeder Aarde, wat ons onderhou en regeer, wat verskeidenheid vrugte, gekleurde blomme en kruie voortbring. Eer aan U my God tot die einde toe hulle wie verskoning gun vir liefde in U en siekte verdra en versoeking. Geseënd is hulle wat vrede verdra, deur U Allerhoogste sal hulle bekroon word. Eer aan U, my God tot die einde toe Suster Dood, van wie geen lewende kan ontvlug nie. Wee die wat in vleeslike sonde sterf! Geseënd is hulle wie sy vind U wil doen. Geen tweede dood kan hul skade doen. Eer aan U my God en dank aan Hom, en dien Hom met groot nederigheid.
Kobus, iets wat jy dalk uit "The Constitutions (1608) of the Capuchin Friars Minor", ’n orde van die Heilige Franciscus kan leer:
[4] In order that we, as true and legitimate sons of Jesus Christ our Father and Lord, begotten again by Him in St Francis, may have a share in His inheritance, we exhort everyone to observe the Testament made by our Blessed Father when, near to his blessed death and adorned with the sacred stigmata, full of fervour and the Holy Spirit, he ardently desired our salvation. This we accept as a spiritual commentary and explanation of the Rule, since he wrote it in order to ensure that the Rule we had promised would be the better observed in a more Catholic manner.
Dis aan die Katolieke ordes van die Heilige Franciscus van Assisi, wat die Tau ter harte geneem word.
1 Korinte 1:18 in hul belydenis lees:
... die woord van die Tau is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God ...
’n Geseënde naweek Kobus.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius Henn

