Kobus: Getuienis en die digkuns – II

  • 0

Bogenoemde gedig en ontwikkeling word dan gekontrasteer met die volgende uit Philip Larkin se “Aubade”:

Aubade

The mind blanks at the glare. Not in remorse
- The good not done, the love not given, time
Torn off unused – nor wretchedly because
An only life can take so long to climb
Clear of its wrong beginnings, and may never;
But at the total emptiness for ever,
The sure extinction that we travel to
And shall be lost in always. Not to be here,
Not to be anywhere,
And soon; nothing more terrible, nothing more true.

This is a special way of being afraid
No trick dispels. Religion used to try,
That vast, moth-eaten musical brocade
Created to pretend we never die,
And specious stuff that says No rational being
Can fear a thing it will not feel, not seeing
That this is what we fear – no sight, no sound,
No touch or taste or smell, nothing to think with,
Nothing to love or link with,
The anasthetic from which none come round.

Die boodskap is duidelik, “religion – that vast, moth-eaten musical brocade”.

Die grootse godsdiens, motgevrete.

Die verval, die toiingrigheid van hierdie eens ware godsdiens, voelbaar, nou goedkoop en vuil, dink aan ’n vervalle teater. Net soos dit magteloos, misleidend en totaal verkeerd is.

Twee gedigte en die boodskap is baie duidelik, daar word nie veel van die leser verwag in die sin van om versteekte boodskappe te vind nie. Beide skrywers was baie duidelik oor wat hulle wou oordra. Herbert wat God se liefde wil verwoord en Larkin wat die onvermydelikheid van die dood en godsdiens se algehele misleidende aard en verval.

Vergelyk dit egter met die verwysing na Daniel en die kriptiese aard daarvan.

King James Bible (Cambridge Ed):

These great beasts, which are four, are four kings, which shall arise out of the earth.

Daar is geen manier hoe dit met ’n rein gewete gestel kan word soos jy doen, “dat Daniel oor die Perse, Grieke en Romeine profeteer".

Die probleem is eenvoudig in sy aard, openbaring soos dit deur jou aangebied word, word direk opgestel teen wat studie ons kan bied. Daarom word die Bybel deur my as ’n geslote sisteem beskryf, aangesien eksterne kennis gou die Bybel as ’n versameling mites sal bevestig wat eerder poog om ’n geskiedenis vir ’n spesifieke groep mense daar te stel het en nie nou twee duisend jaar later retroaktief kan gebruik word om ’n geskiedenis en geskiedkundige ontleding vir die ganse mensdom te verwoord nie.

Hierdie is ’n Joodse teks wat gekaap is deur latere Christen gelowiges.

’n Korrekte interpretasie sou juis verlang dat die leser daarvan die oorsprong van die boek moet begryp, vir wie dit geskryf en die boodskap wat die skrywer vir sy gehoor wou oordra.

Daar kan aangedring word dat die teks wat gelees word moet onderwerp word aan hierdie ondersoek en die konteks waarin dit geplaas moet word. Dit sal egter onsuksesvol wees aangesien die ware gelowige soos jy alreeds gedoen het, haar sal beroep op die volgende, “He revealeth the deep and secret things”.

Indien daardie, “deep and secret things”, verwysings na “die Perse, Grieke en Romeine”, dan is dit openbaring, spesifiek net aan jou openbaar, alhoewel hierdie ook al ’n algemene interpretasie is wat die rondte doen.

Aan die einde van hierdie brief, arriveer ons weereens by die tweespalt identifiseer aan die begin van die siklus van briewe, openbaring opgestel teenoor vakkundige ondersoek. Ek aanvaar in die diversiteit van ons bestaan die waarheid wat jy formuleer oor jou geloof. Dit beteken egter nie dat vele aspekte van argumente wat formuleer word ondersoek kan word nie. Soos gedoen in hierdie twee briewe van vandag.

Baie dankie

Wouter

Kobus: Getuienis en die digkuns – I

Hello Kobus

Poësie is ’n belangrike deel van wat ek wat lees en belangstelling in toon, asook hoe poësie werk, hoekom dit so kragtig is. Die beste beskrywing van poësie is dat dit die snelskrif van die siel is.

Om erkenning te bied aan die Nobelprys vir Letterkunde gewen deur Tomas Tranströmer, 2011, die volgende verwysing na sy werk om die gesprek te open:

Two truths draw nearer each other. One moves from inside, one moves from outside and where they meet we have a chance to see ourselves
He who notices what is happening cries despairingly: “Stop! Whatever you like, if only I avoid knowing myself.”

’n Toepaslike verwysing op ’n verskeidenheid van vlakke, die verskillende waarhede wat teen mekaar opgestel word net soos dit erkenning gee aan die volgende gedagte van jou in verhouding tot my, “Die dag wanneer jy jou kop vir die laaste maal neerlê, sal jy dit doen as gelowige”. In lyn met die spreker in die gedig se eerste reels aangehaal wat keer met die volgende stelling, “Whatever you like, if only I avoid knowing myself.”

Ken jouself. Goeie advies in enige konteks.

Om ’n gedig in volle reg te verstaan word tog verwys na wat die leser na die gedig bring net soos die digter se eie konteks ook verstaan moet word.

Een van die mooiste gedigte wat die wonder van God se liefde en vergiffenis verwoord is die volgende.

Love (deur George Herbert)

LOVE bade me welcome; yet my soul drew back,
Guilty of dust and sin.
But quick-eyed Love, observing me grow slack
From my first entrance in,
Drew nearer to me, sweetly questioning
If I lack'd anything.
'A guest,' I answer'd, 'worthy to be here:'
Love said, 'You shall be he.'
'I, the unkind, ungrateful? Ah, my dear,
I cannot look on Thee.'
Love took my hand and smiling did reply,
'Who made the eyes but I?'
'Truth, Lord; but I have marr'd them: let my shame
Go where it doth deserve.'
'And know you not,' says Love, 'Who bore the blame?'
'My dear, then I will serve.'
'You must sit down,' says Love, 'and taste my meat.'
So I did sit and eat.

Dit kan werklik nie beter as bogenoemde nie. Die perfekte wisselwerking tussen die digter, die leser en die boodskap oorgedra, nog meer so as dit ’n gelowige leser is. Hier kan ook verwys word na Derrida se formulering, “the intelligible face of the sign remains turned to the word and the face of God”.

Selfs vir ongelowige leser kan die kragtige boodskap nie ontken word nie. Dit is daardie kragtigheid van poësie wat vir sommige lesers die manier hoe om gelowig te wees vorm gee en toegang tot God bied. Hier kan verwys word na die ontwikkeling van TS Eliot.

Volgens sekere ontledings van TS Eliot se intellektuele ontwikkeling het daar ’n stadium in sy lewe arriveer waar Eliot die studie van filosofie in wanhoop opgegee het. Die studie daarvan beskou het as sinneloos, bevestigend dat dit geen sin bied aan die bestaan nie. Met die studie van filosofie agterwee gelaat deur Eliot spandeer hy sy energie aan die kunste in die breedste spektrum wat deur die konsep veronderstel word.

Na ongeveer ’n dekade se refleksie en selfondersoek waarin die digkuns ook ’n belangrike rol gespeel het arriveer Eliot op die punt waar Eliot se Baptisme in die Anglikaanse Kerk geskied en Eliot ’n gelowige is.

Wat het hier gebeur?

Eliot het besef dat sy wending na die digkuns en die oordenking daarvan op hom geforseer is omrede die filosofie wat aanvanklik deur hom bestudeer was nie oop was vir die goddelike nie. Dit bied dus nie die opening vir die woord en aangesig van God om te figureer in die studie van die werklikheid en ontneem die deelnemer om die aard van die goddelikheid te oordink.

Vervolg ...

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top