Kobus: Die letterlike waarheid?

  • 0

Hello Kobus

Die kwessie wat nie volkome opgelos word nie, is juis die aandringing daarvan dat die Bybelse verhaal en gebeure letterlik is en verweef is met ander historiese gebeure. Daarom die opmerking dat indien godsdienstige getuienis ernstig opgeneem word, dit ’n groot vloed in die opskrywing van die geskiedenis sou veronderstel. Handboeke doen nie so nie. Dit is daardie los en vas wat problematies is. Is dit letterlik of nie? Dit is sekerlik nie metafoor of mite nie?

Indien die argument se fokus verskuif en dit met die spirituele aspekte daarvan omgaan, dan word dit ’n maklik herkenbare argument en een wat ek in my brief erken en juis so aangedui het om te bevestig dat die argumente soos dit deur jou verwoord word, geestelik, spiritueel, gelowig, godsdienstig kan gevolg word.

Wat dan wel weer problematies raak is dan om tog weer die val van die Romeinse Ryk soos volg te probeer verduidelik, "dat dit rebellie teen God en hebsug was", asook "die ondergang van Rome is spiritueel al eeue voor die val daarvan deur die profeet Daniel geprofeteer, nes Persië en Alexander die Grote, ens".

Wat tog weer aandui dat daar ’n poging deur sommige (alle) gelowiges is om tog hierdie alternatiewe geskiedenis te verwoord. Let op na jou eie vertellings wat ’n daadwerklike tydsverloop al beskryf het met baie spesifieke bakens gevorm deur jou ontleding van die Bybel.

Dit is hierdie alternatiewe vertelling van geskiedenis en wetenskap wat net nie tot ruste wil kom nie en dan juis die bevraagtekening van die waarheid aangebied deur gelowiges moontlik maak agv die inbreuk gemaak deur hierdie godsdienstige vertellings.

Die probleem bly dus die inbreuke gemaak, die alternatiewe geskiedenis, wetenskap wat as die enigste letterlike geskiedenis en wetenskap aangebied word. Dit is daardie inbreuke wat repliek noodsaaklik maak en die totale waarheid van die godsdienstige persoon dan onder die vergrootglas plaas.

Dit is nou nog duidelik hoe daardie balans gehandhaaf gaan word, nie letterlik nie, nie ’n metafoor nie, nie ’n mite nie?

Die uitdaging is onhoudbaar en het niks met eie persoonlike “moderne” lewenstyl te maak nie.

Die probleem is nie eie persoonlike “moderne” lewenstyl van hierdie deelnemer nie, maar juis wat ’n korrekte ontleding van die gesamentlike natuurwetenskappe en geesteswetenskappe die moderne mens bied.

Indien die bevindinge daarvan oorweeg word, dan kalwe die fondasie van jou vertellings van ’n letterlike geskiedenis soos ondersteun deur die Bybel weg.

Die oningeligte persoon wat van jou stellings hier sou lees, sou inderdaad glo dat die vertellings van inherente geloof die waarheid is.

Dan word die alternatief egter ondersoek, Pascal Boyer, Scott Atran et al en daar is nou ’n ander manier om die werklikheid te verduidelik.

Net so met Daniel en die val van die Romeinse Ryk.

Waarna sal die vier koninkryke verwys?

Daar is geen manier hoe die intensie en waarheid van ’n profesie wat so kripties geskryf is, getoets kan word nie.

Die val van die Romeinse Ryk, wat was die aardse redes vir die val daarvan indien dit histories ontleed sou word.

Waar word die streep getrek en hoe word ’n waarheid aangebied as ’n waarheid maar nie ’n letterlike waarheid nie, nie ’n metafoor nie, nie ’n mite nie?.

’n Moeilike uitdaging vir seker.

Baie dankie

Wouter

PS Net soos Perdebytjie was ek ook verbaas dat jy Ernst Mayr as getuie roep vir jou kant?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top