Jy seg dat die “gelowiges” selfs voor Jesus se geboorte die Woord spiritueel geken het, en dus gered is nog voordat gemelde Woord “geïnkarneer” het om op aarde ’n kruisdood te kom sterf. En voortvloeiend hieruit, dat dit dus moontlik is vir ’n gelowige mens om op spirituele vlak met die Woord te verkeer, gered te word en die Ewige Lewe te beërwe; sonder dat hy die vertellings rondom Jesus van Nasaret se geboorte, prediking en kruisdood (soos in die Nuwe Testament uiteengesit) noodwendig ooit hoef te lees, hoor, verstaan of glo. Redding deur geloof in die Woord dus, maar sonder kennis van of ’n letterlike vertolking van die Jesus-storie.
Hmmmm ... lyk vir my jy en Cornelius het veel meer in gemeen as wat jy besef.
Brandstapelgroete
Oom Daan

