Kobus de Klerk

  • 0

As ’n nuweling op die internet volg ek nou vir ’n paar weke die debat tussen jou en ’n paar geesgenote, aan die een kant, en Wouter en sy paar geesgenote, aan die ander kant. Miskien oorgradeer ek die spul om dit “debat” te noem. Dis meer in die gees van ’n snydende geskel op mekaar. En dit oor iets waaroor julle nooit ooreenstemming sal bereik nie. Die mees nuttelose oefening wat daar ooit kan wees.

Kobus, spesifiek tot jou. Waarom gaan jy voort hiermee? Jy gee net aan jou teenstanders ’n geleentheid om hulle idees te verkondig op ’n openbare platform. ’n Geleentheid tot publisiteit wat totaal disproporsioneel is tot dit wat hulle idees verteenwoordig en dit wat hulle getalle regverdig.

Nou maak ek my skuldig aan dit waarvan ek julle beskuldig. Dit klink venynig, maar ek moet die vraag stel: Kobus is jou volhardende “debat” nie dalk aanduidend dat jou ego ietwat groter is as die saak wat jy probeer dien nie? Dieselfde opmerking geld ook die ander partye.

Skei uit, dan is die stryery oor. Dis hoe eenvoudig dit is.

Oom OuKoos Voorkamer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top