Johannes, jy's nie alleen nie.
Ek's een van die ongelukkiges met wie die ongure karikatuur en befaamde beterweter Wouter so sleg oorhoops lê op die werf.
Dis met behoedsaamheid wat ek na Kobus de Klerk en sy ge-aliede groepie se volgehoue en griewende woorde met soveel haatlike bedoeling teenoor almal buite hul groepie op die werf verwys – hul onderlinge "kammatwis" ten spyt.
Laat my asseblief toe om rekenskap te gee:
Iedere lid in die hiërargie onder hoofde KdK, dra ewe besete aan hul oorlogshond leuse "hou die gode apart". Hierdie devies word selfs deur die ongelowige Wouter Ferns, as gedragsideaal in sy aanneming tot Kobus de Klerk se groepie aangedui. Met minagting hoon hulle universale begrip (Tao, Dao, Thau, Tav ...) in verskeie taal, kultuur en selfs in die Bybel in aanbidding tot ons Almagtige Lewende Skepper.
Iedere lid aan Kobus de Klerk se priesterheerskappy meen hulself in staat om ander se geestelike werklikheid te ken. In hul aandrang om ander se wesenlikheid met so ’n demoniese aanslag te beset, gestel hulle beledigend allerlei mediese toestande en algemene omstandighede aan enigeen wat nie opkyk na hulle nie. Selfs sou hulle reg wees (hulle is verkeerd omtrent my), word sulke toedrag as privaat in die reg beskou. Kobus de Klerk en sy adjudante laster hul gestelde juk aan ander asof dit publieke kennis mag wees. Daarteen onderdruk hulle die amptelike publieke kennis omtrent hul hoof se oneervolle skraping as prokureur deur die Hof.
Iedere lid aan Kobus de Klerk se priesterheerskappy veronderstel ’n Farisese skrifgeleerdheid en intellektualisme bokant ’n persoonlike verhouding met ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Met hul eentonige parakundigheid aan't hand, verskeur hulle ander se bydraes harteloos met bespotlike verdraaiinge en geforseerde halwe waarhede – hul gewydheid – die ou grote Kobus de Klerk se vervulling om "braakland te breek".
Iedere lid aan Kobus de Klerk priesterheerskappy is die Evangelie vyandig gesind. Welke dit Erika Henn se Dopper-belydenis van ’n drie-eenheid daarteen, of Woutie se karikaturale spoeg en plak; iedere KdK-adjunk beaam die dwaal van hul meester dat "Jesus Christus nie ons Hemelse Vader is nie." Selfs na Jesaja 9:5 se lering "Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors", vloek Kobus de Klerk dat die begrip Ewige Vader en Hemelse Vader onderskeie in wese is.
Dis wat Kobus de Klerk en sy ge-aliede groepie is; kwaadwilliges wat harte in GOD met hul anderhaat en ongegronde verdagmakery probeer vergif.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn
Brief versag. – Maggie

