Kobus de Klerk, jy huigel dat ’n mens horing ruik ...

  • 0

Dit bly maar ’n treurspel:

Die aanname wat jy (Cornelius) maak, uit die Constitutions aangehaal, dat Jesus die Vader is, soos jý dit interpreteer, is ook ongegrond. Die Constitutions praat van, soos jy dit self aanhaal, “we, as true and legitimate sons of Jesus Christ our Father and Lord” is net presies wat dit sê – dat ons die HERE se kinders is en Hy ons Spirituele Vader, omdat die ware gelowiges onder ons (jý sal ook hopelik eendag daarby uitkom) wedergebore is in Hom, die Woord en die Heilige Gees (Johannes 1:12-13), want Hy is ons verlosser, die Tweede Adam (Adam is ons natuurlike aartsvader), ons Spirituele Vader, maar Seun/Woord van God die Vader.

Kobus, jy kom en wring jou interpretasie tussen gelowiges in Jesus Christus ons GOD se belydenis. In jou veelgodedom beskouing van ’n drie-eenheid, maak jy ook nes voorheen onderskeid tussen ons Spirituele Vader en God die Vader.

"Sons of Jesus Christ our Father and Lord" – in Afrikaans vertaal –"seuns van Jesus Christus ons Vader en Heer".

In alle katolieke ordes word Jesus Christus as ons enige GOD; Hemelse Vader, Ewige Vader, Spirituele Vader, LOGOS, Woord, Seun van GOD, Heilige Gees, Tau ... en elke ander naam op aarde waaraan ons almal se Almagtige Lewende Skepper aanbid word, geëer. Die Boodskap dat ons Almagtige Lewende Skepper ten volle (100%) mens geword het, staan sentraal in alle katolieke uitlewing daarvan.

Die laaste paar woorde van jou aanhaling lees; "... (Jesus Christus) ons Spirituele Vader, maar Seun/Woord van God die Vader."

Hoe kan selfs ’n blinde jou poging om onderskeid te maak tussen ons Spirituele Vader en GOD die Vader, daarin mis voel?

Kobus, dis nie ’n Bybelversie wat jy na jou sogenaamde begaafdheid hoef te interpreteer nie. Die Roomse Katolieke Orde van die Heilige Franciscus van Assisi bestaan nes honderde jare gelede vandag nog, en jy kan more katkisasie daarin ontvang as jy ooit enige ervaring bo jou kits-naslaan op die internet sou wou ag.

Die woord, "Woord" in jou vergoddeliking, staan ook direk in jou algemene verafgoding van die Bybel as "die Woord".

Jy ontduik steeds Jesaja 9:6: "Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors ..."

Neem nou jou eie raad ter harte en verdwyn stilletjies na jou binnekamer voor GOD Kobus ... of, sal jy asseblief die volgende (in die volgorde aangehaal waarin jy dit stel), vir my in die algemeen beeld hoe dit op die oog af dieselfde indruk maak as wat dit uit jou gegewe standpunt gelees word?

Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei – niemand het dit teen jou (Cornelius) dat jy sê dat Jesus die HERE ook ons Hemelse Vader is nie, want dié is HY vir ons óók – dalk sal dit nóú vir jou (Cornelius) begin duidelik word dat die HERE Jesus God die Woord van God die Vader is, maar nie God die Vader Self nie ...

Kobus, dis jou jarelange involusie op die werf – nie myne nie. Sodra jy erken dat jou intellektualisme gefaal het, sal ek rekenskap gee.

Onthou: Onse Ewige Whiskey bring vrede en liefde in ons hart; nie bakleierigheid nie.

Ek vergewe jou.

Mag Jesus Christus ons Spirituele Vader, ons almal vergewe en die hele wêreld in Sy liefde seën.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top