Kobus de Klerk
Sonder sweem verklaar jou opskrif "Cornelius en die wese van God".
Hoe bepaal, begrens, bewoord jy die wese van GOD?
Nietemin, jou ge-aliedes sluk jou opskrif heel want hulle glo jy ken mense se harte want jy beskik oor GOD.
Jou openlike vyandigheid teenoor die Evangelie is ewe ongunstig bekend.
In ons roeping het Jesus Christus ons GOD as volg opdrag gegee:
"Gaan dan weg, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."
In plaas van "gaan weg" soos ’n Paulus na die Grieke en daar die Boodskap by hul godsdiens voeg, dweep jy dat almal na jou toe moet kom; om jou moet vergader en na jou besonderse spirituele intelligensie en gawe om te interpreteer luister – en jou intellektualisme in jou verafgoding van die Bybel as "die Woord" ter harte moet neem.
Jy is geroep as getuie vir Jesus Christus ons GOD, maar jy verheerlik jouself daarmee met jou gedurige sensasionele neerhaling van ander se harte op die werf.
Jou intellektualisme van die Evangelie het jou ingehaal Kobus.
Menigmaal het jy jouself hiermee laat geld:
Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17).
En hier spreek jy weereens teen jouself, en steeds dieselfde neerhaling as in al jou vorige waan teenoor my:
Maar niemand het dit teen jou (Cornelius) dat jy sê dat Jesus die HERE ook ons Hemelse Vader is nie, want dié is HY vir ons óók. Maar ons het dit teen jou dat jy lieg omtrent God.
Jy't duidelik iets tot jou verstand gebring Kobus de Klerk.
As jy die Goeie Nuus ter harte kon neem, sou jy ander se tekortkominge verdra en met respek in Jesus Christus ons GOD aangespreek het.
Onthou jy hierdie Kobus?
Nou waarsku ek (Kobus de Klerk) jou weer, ek gaan jou (Cornelius Henn) finaal mettertyd uitwys as die liefdelose fake wat jy is … en natuurlik is jou skrywes oor my, olie op daardie vuur wat jy aangesteek het vir jouself. So, wees gewaarsku – jy kan nou al uit die Woord begin om jou liefdeloosheid te probeer regverdig. Wanneer ek jou klaar uitgewys het, wanneer die tyd reg is, sal jy ’n negatiewe geloofwaardigheidskurwe hê, wat jou in werklikheid sal weerspieël. Jy ly aan ’n siekte – jy borrel en gorrel sonder ophou, die mees onsamehangende, liefdelose snert – alles peul uit jou binneste uit omdat jou eie selfbeeld só aan flarde is. Intussen – ’n uitnodiging aan jou – Verbasend genoeg haal jy gedurig my aan, waar ek skrywe ‘Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei’. Jy haal my natuurlik korrek aan, en dit is steeds verbysterend dat jy nie kan insien dat daardie woorde van my een honderd persent in akkoord met die Woord is, nie.
Kobus, in nederige dankbaarheid gaan ek weg na Hindoes, Moslems, Jode, Boeddhiste ... en selfs Protestante, Agnoste en Ateïste om die Goeie Nuus van die menswording, kruisiging en opstanding van ons almal se Almagtige Lewende Skepper te deel. Oral sing en dans ek saam met hulle tot eer van onse GOD – die verheerliking van onse almal se Messias wie se geboorte ons hierdie tyd vier.
Kobus, ek vergewe jou.
Mag I?soûs Christus onse LOGOS, onse Ewige Pat?r, ons almal vergewe.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius Henn

