Kobus de Klerk, jou voortgesette vyandige getuienis vir GOD

  • 0

Kobus de Klerk

Jesus Christus is die WOORD – die WOORD is GOD.

Jou dwaling staan in jou verwysing na die Bybel as "die Woord". Jou onjuiste opvatting is ontwerp op Johannes 1:1 "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God." Jy bemagtig jy jouself teen die wêreld deur jou gunsteling vertaling so te verafgod.

Jy is geroep as getuie vir Jesus Christus ons GOD, maar jy volhard steeds daarin om jou gekneusde ego met selfverheerliking te wreek.

Jou intellektualisme van die Evangelie het jou deeglik ingehaal Kobus. Menigmaal het jy jouself hiermee laat geld: “Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei (Johannes 1:1-17).”

En toe weerspreek jy jouself met: "Maar niemand het dit teen jou (Cornelius) dat jy sê dat Jesus die HERE ook ons Hemelse Vader is nie, want dié is HY vir ons óók. Maar ons het dit teen jou dat jy lieg omtrent God."

En toe verander jy gister weereens rigting met ’n stortvloed vyandigheid in:

Terloops, in Johannes 14:6 in die Woord en verskeie ander plekke in die Woord (ek [Kobus de Klerk] het hulle al almal vir jou [Cornelius] uitgewys – ritse daarvan) verwys die HERE Jesus Christus gedurig na “My Vader”… Wie is dan dié Vader, as jy meen Jesus is God die Vader? Na Wie toe moet die HERE Jesus dan terugkeer, wanneer HY telkens getuig dat Hy na Sy Vader sal terugkeer en dat HY uit Sy Vader gekom, het, as God die Vader dan ook HY is? Toe kom, leuenaar, probeer uit die strik kom wat jou eie tong vir jou gespan het. Dalk sal dit nóú vir jou begin duidelik word dat die HERE Jesus God die Woord van God die Vader is, maar nie God die Vader Self, nie, maar saam met God die Heilige Gees van die Vader, onlosmaaklik en onvervreembaar deel van die Drie-enige God?

Kobus ek sal dit vir jou antwoord, maar lees net eers self weer jou erge onthutstheid as gevolg van jou intellektualisme jeens die Evangelie.

In nog ’n stortvloed van woorde, hoon jy my gister met:

Nog ’n verskil tussen my (Kobus de Klerk) en jou (Cornelius) is dat ek ook verstaan wat ek skrywe en in watter perspektief dit hoort – jy beslis nie.

Wel, dis onteenseglik waar; jy het versekerd jou eie perspektiewe Kobus.

Maar voordat ek jou kan antwoord, sal jy asseblief die volgende (in die volgorde aangehaal waarin jy dit stel), vir my in die algemeen beeld hoe dit op die oog af dieselfde indruk maak as wat dit uit jou gegewe standpunt gelees word?

Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei – niemand het dit teen jou (Cornelius) dat jy sê dat Jesus die HERE ook ons Hemelse Vader is nie, want dié is HY vir ons óók – dalk sal dit nóú vir jou (Cornelius) begin duidelik word dat die HERE Jesus God die Woord van God die Vader is, maar nie God die Vader Self nie

Kobus, ek vergewe jou.

Die lering wat ek onder meer ter harte neem, staan in Jesaja 9:5 "Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors ..."

Mag I?soûs Christus onse LOGOS, onse Ewige Pat?r, ons almal vergewe.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top