Kobus de Klerk, jou meesteragtige 25 Deser

  • 0

Kobus de Klerk

Soos gewoonlik probeer jy toe vir Duitswester neerhaal omdat hy nes sovele ander jou priesterheerskappy op die werf met minagting verwerp.

Jou knoop-in-die-derm uitlate – "Maar jy is só verkeerd as jy sê ... en jy moet baie versigtig wees met jou oordeel, want jy is totaal verkeerd … Kry Vrede in jou hart en laat staan die kwaad... Verstaan tog mooi, die “onding” ... in jóú gemoed ... ", is lank reeds tekenend van jou griewende hoon met soveel haatlike bedoeling teenoor almal buite jou groepie op die werf.

Kobus de Klerk, jy ken niemand se gemoed tensy jy ’n demoon is ...

Nietemin, noem dit maar "my appeltjie te skil met jou"; ek wag nog steeds vir jou spirituele intelligente regverdiging dat "Jesus Christus nie ons Hemelse Vader is nie".

Vir jare beledig en hoon jy my belydenis dat Jesus Christus ons almal se Almagtige Lewende Skepper is. Jy't allerlei twispraatjies in antwoord daarop. Selfs na Jesaja 9:5 se lering, vloek jy dat die goddelike begrip Ewige Vader en Hemelse Vader onderskeie in wese is.

Hoe liederlik arrogant kan jy wees Kobus de Klerk?

In jou gedweep aan Duitswester, tik jy onder meer die volgende:

... staan dit vas dat die HERE gebore is as Messias ...

Nou ja, vir geruime tyd volg ek jou verdagmakery in ons aanroep tot die HERE. As Jesus Christus die HERE is, is die HERE ook GOD in jou begaafde interpretasie Kobus de Klerk? Beteken GOD ook ons almal se Almagtige Lewende Skepper vir jou? Is ons Hemelse Vader ook GOD? Is Jesus Christus dan ook GOD in jou intellektualisme? Hoekom gun jy my nie my eenvoudige vergelyking; HERE=GOD=Hemelse Vader=Almagtige Lewende Skepper=Jesus Christus ... nie? Hoe kan jy ons Almagtige Lewende Skepper se openbaring in die ganse Skepping tot enige Bybel beperk? Meer nog; hoe kan jy Kobus de Klerk, die GOD van al wat leef en beef in pag hê om so aan ander te kan voorskryf?

Daar is baie wat ek gewoon op gronde behoorlike katkisasie en goeie moraal deel. Daar is ook baie wat ek tot eer en verheerliking van ons almal se Almagtige Lewende Skepper op die werf uitdra. Maar Kobus de Klerk, kom ons besef liefs albei ewewel dat GOD alomteenwoordig is en self elkeen se bedoeling ken.

Ek ken geen menslike uitweg vir jou omtrent jou laster dat "Jesus Christus nie ons Hemelse Vader is nie". Ek ken ook geen uitweg wanneer jou oë oopgaan oor jou laster aan GOD ons MOEDER – die Heilige Gees nie.

Kobus de Klerk, dit wat ek hier tik, tik ek vir die HERE. Dis my gebed dat jy nie verder in die versoeking gebring sal word nie. As jy nog nie ryp is daarvoor nie, hoekom laat jy dit nie in vrede nie? Dis tog duidelik dat jy en jou groepie blote kits naslaanwerk in totale vooroordeel op my bydraes terwille van jul ego slinger. Helaas, dis jou keuse om jou te bemoei.

Ek vergewe jou in GOD se genade weer Kobus de Klerk.

Mag Jesus Christus onse HERE, self die Tuinier in iedere hart wees.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

Brief verkort. – Maggie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top