LitNet het lankal besluit dat Kobus goed is vir die webwerf. Hy het die vermoë om mense die moer in te maak en ’n reaksie uit te lok. Hulle het die besluit geneem dat hulle hulself beskikbaar gaan stel vir Kobus en sal dien as forum vir hom en sy idees. Elke dag sal hulle getrou sy vier briewe plaas sonder kommentaar, of om te kla. Dit gaan oor die ‘kontroversie’ waaraan alles ondergeskik is.
Elkeen wat hier ’n sinvolle bydrae kan maak loop een of ander tyd vas in Kobus se immereindigende fundementalisme wat in geen opsig ooreenstem met realiteit nie. Na ’n paar rondtes sal meeste mense opgee ... en al wat oorbly is Kobus. In die naam van vryheid van spraak word Kobus verhef bo die moontlikheid van enige gesprek wat kritiese denke bevorder of selfs oorweeg.Dit is vir my ongelooflik dat die redaksie van LitNet toelaat dat hulle gyselaar (gewilliglik?) gehou word deur die sotlikheid van hierdie deelnemer en geheel en al magteloos blyk te wees om hom te beteul. Dit maak hierdie forum irrelevant wanneer dit kom by sake wat godsdiens en die samelewing betref. Die rol wat LitNet kan speel in die gesprek tussen gelowiges en ongelowiges het geen kans om verder te beweeg as die gesprek tussen oponente wat vir mekaar skeeu vanaf teenoorgestelde sypaadjies oor ‘n besige straat nie. Dit plaas LitNet in dieselfde klas as die goedkoop koerante wat hoofopskrifte maak van borsinplantings, Whitney Huston se ‘privaat’-lewe en mense wat honde byt.
Hierdie forum behoort aan Kobus, nie omdat hy enigsins iets te sê het wat die moeite werd is nie, maar omdat hy stamina het én omdat LitNet hom toelaat!
Chris Dippenaar


Kommentaar
Dit is darem pateties verby, Chris, om die LitNet-redaksie aan te val, omdat jy vir my vies is, maar veral, omdat jy nie raad het teen die stortvloed getuienis van binne en buite jou geledere, wat ek hier beskikbaar stel, wat jou religie aan flarde ruk, en die leuen wat jy jou lewensfilosofie gemaak het, waaraan jy al die tyd so koorsagtig vasgeklou het, voor jou oë te sien verkrummel nie - want JY is een van daardie wat daarop geroem het dat julle wetenskap bedryf - en ek is maar net besig om te wys jy spartel in 'n lewensbootjie met n bodem soos 'n sif met klein gaatjies - gans te veel om to ete stop.
Moet erg wees, hmm?
Sukkel jou hart uit - en intussen val jy die boodskappers aan, en is simpel genoeg om te dink dat as jy die boodskappers slaan, sal die nuus weggaan! Dom! Onnosel van jou! En Thomas het vir ons gewys dat die ghoeroes van julle, ook so maak - jy weet, Van Den Heever se brief met persoonlikheidskending kompleet, wat as 'kundigheid' voorgehou is?!
Kobus de Klerk
Chris,
Ek stem honderd persent met jou saam, maar dis 'n openbare forum waar enige iemand sy mening kan lug, al is dit hoe belaglik. Dus het LitNet seker nie veel van 'n keuse as om Kobus se griffels te plaas nie.
Die goeie ding wat uit hierdie nimmereindigende debat gespruit het,is dat Kobus openbaar is as 'n onverdraagsame persoon wat nie A of B van goeie debattering verstaan nie. Verder het dit 'n magdom kennis oopgegooi aangaande evolusie, waarvan baie mense (ekself ook) nie bewus was nie.
Ek het ook besef watter ontsettende aanslag daar teen die wetenskap gepleeg word deur Kreasioniste. Dis iets waarvan ek voorheen nie bewus was nie en ek het dit te danke aan Kobus se nimmereindigende aanhalings uit al die verskeie bronne. Hy het dus vir my 'n wereld oopgemaak,waarvan ek nie geweet het nie. Dit het my net verder oortuig dat ek op die regte spoor is, al het hy die teenoorgestelde probeer bereik!
Ek geniet altyd jou insette en hoop nie jy gaan padgee nie.
Groetnis
Perdebytjie
Eers het julle my probeer intimideer en slegsê, en nou teiken julle die LitNet-redaksie?
Wat gaan aan met julle, Chris?
Ek verseker jou, daar is massas mense daarbuite wat inligting soek, en hulle kry dit.
Moenie probeer boelie nie - 'n ou, maar liederlike, laai van die darwiniste.
Haai Chris,
Haai Chris,
Die taktiek van De Klerk is nie uniek nie, maar een wat vervolmaak is deur Duane Gish, 'n kreasionis wat sy opponente probeer oorweldig met honderde aantygings wat onmoontlik voldoende aangespreek kan word in die formaat van 'n debat. Dit is waar dat baie van Kobus se 'aantygings' in die vorm van 'n vloed aanhalings minder suksesvol was in hierdie forum, grootliks die prysenswaardige reaksies van Wouter, Angus, Thomas, Panda Stephan, Kleinkoos en andere, maar die vloed was groot en dis nie duidelik dat elke aspek van Kobus se 'argument' aangespreek is nie. Dit is dus moontlik vir hom om terug te staan en homself as 'oorwinnaar' te verklaar, hoe vreemd dit ookal mag lyk.
Dit is 'n gesprek wat geheel en al oneerlik is, wat in geen sin poog om die waarheid te bepaal nie. Inteendeel, dit poog absoluut, en maak ten volle staat op verwarring. Om die gesprek af te trek na die emosionele vlak waar dit kan gebruik maak van morele en persoonlike aanvalle teen opponente.
Meeste wetenskaplikes neem nie meer deel aan debatte met kreasioniste nie. Dit ontneem hulle van 'n platform waar die 'Gish Gallop' die meeste sukses behaal. LitNet bied vir Kobus hierdie platform, 'n forum waar hy nie net sy opinie kan lug nie, maar die 'Gish Gallop' onverhinderd kan laat hardloop. Die beste taktiek sal wees om hom totaal en al te ignoreer, maar dit is nie hoe mense werk nie. As onwaarhede versprei word is die versoeking, noem dit dalk eerder noodsaak, altyd daar om dit te ontmasker, en dis presies hier waar Kobus die 'oorwinning' behaal: Deur die 'gesprek' in die eerste plek op die tafel te kry!
Dit is nie moontlik, in my opinie, om iemand so fanaties, onlogies en verveeld soos Kobus, wat nooit sal erken dat hy enige punt verloor het, suksesvol teen te gaan nie. Die beste waarvoor ons kan hoop is om sy naam te vergat, uit te wys waar hy redeneer soos 'n idioot en 'n klein bietjie goedkoop vermaak te hê met hom. Dit sal egter nooit 'n sinvolle debat kan wees nie.
Ek verstaan dat LitNet nie wil lyk of hulle gesprek of vryheid van spraak onderdruk nie, maar ek wil hulle herinner dat hulle wél sekere reëls het (of gehad het) wat nie toegepas word nie. Onder andere, briewe is veronderstel om beperk te word tot 600 woorde. Kobus steur hom selde aan hierdie beperking. Ek stel voor dat die aantal briewe per dag ook beperk word tot een. Dit sal die disproportionele verteenwoordiging van, en indruk wat Kobus probeer skep dat kreationisme wye aanhanging geniet in perspektief plaas. Ek besef dat party bydraers, behalwe Kobus, nie daarvan sal hou nie, maar beskou dit as 'n nodige stap om die reputasie van Litnet se briefbydraers te beskerm. 'n Goeie of swak brief, word hy die volgende dag geplaas, verander nie sy meriete nie, maar vier of vyf swak briewe elke dag van dieselfde skrywer is belaglik en laat mens siek voel.
Ns. Ek stem saam met Wouter dat my eis aan LitNet om kommentaar te lewer op briewe nie net onprakties is nie, maar ook onregverdig is.
Perdebytjie is ook reg deur die interessante bydraes van baie oor die gevaar wat kreasionisme vir 'n rasionele samelewing inhou uit te wys. Ook, die tegniese aspekte van evolusie wat aangebied is in verteerbare formaat word waardeer. Die onaangename bydraes van Kobus het tog soms 'n verbasend positiewe effek.
Oom Daan, ek het al agter gekom dat jy hou van 'n goeie 'conspiracy'. Ek stem egter nie saam dat LitNet deel is van 'n Christen-mafia nie. Aan die einde van die dag moet hulle prys ontvang vir die moeite wat hulle doen met hierdie forum. Ek was nie seker dat hulle hierdie aanval van my op hulle sou plaas nie, maar hulle het!
Kobus, diep in jou hart weet jy wie en wat jy is!
(woorde = 638)
Doen wat ek doen ... ignoreer die idiotiese kdk ... en ja, ek is nie 'n Darwinis nie.
Chris, jy sal ook merk dat welonderlegde gelowiges die werf om presies dieselfde redes as wat jy in jou kommentaar aanvoer vermy - lees gerus die omslag op George Claassen en Frits Gaum se boek "gesels met .... God: gesprekke oor die ontstaan en uiteinde van alles" om te sien hoeveel menings buite dié van die staande sensasie Kobus de Klerk daar net in ons Afrikanergeledere alleen is. Kobus het in die verlede nie gehuiwer om sommige van hulle soos ons geliefde prof Christina Landman hier te beledig nie. Ons werf het genadiglik ander wonderlike skakels wat ek bid die ou grote de Klerk NOOIT sal ontdek nie ...
Dit wil voorkom asof Kobus wel die forum geannekseer het, en dan kom sy ou vieslike vriendin Tant Alie nog en skel my uit as gesant van die duiwel (of eintlik die duiwel homself). Tog is perdebytjie reg. Hoe meer mens van Kobus lees, en hoe meer mens fokus op die reaksies wat al die gate in sy Kent Hovind tipe redenasies uitwys, hoe meer bevestig dit die feit dat kreasioniste so effens die pad byster geraak het wanneer dit by logiese denke kom.
Dagsê Perdebytjie,
Skitterende kommentaar van jou! Jy som die saak netjies en raak op. Die kreasonistiese diarrhea wat De Klerk hier op die forum in sy tipiese beledigende en neerhalende styl gestort het, het nogmaals my oortuigings bevestig. Hy het waarskynlik ook ’n groot bydrae gelewer om van sommige agnostici, oortuigde ateïste te maak en van baie gelowiges, agnostici. Richard Dawkins se uitspraak is al baie op talle forums aangehaal maar niemand kon die kern van die argument nog in so min woorde so skitterend raakvat nie.
“If all the achievements of scientists were wiped out tomorrow, there would be no doctors but witch doctors, no transport faster than horses, no computers, no printed books, no agriculture beyond subsistence peasant farming. If all the achievements of theologians were wiped out tomorrow, would anyone notice the smallest difference? Even the bad achievements of scientists, the bombs, and sonar-guided whaling vessels work! The achievements of theologians don’t do anything, don’t affect anything, don’t mean anything. What makes anyone think that ‘theology’ is a subject at all?”
Sou iemand in Suid-Afrika/die wêreld ooit van De Klerk bewus gewees het as Carte Blanche hom nie ontbloot het nie?
Sou iemand op hierdie forum ooit van De Klerk bewus gewees het as dit nie vir die tegnologie was wat die wetenskap tot sy beskikking gestel het nie?
Groete en hou vir Mars dop!
Panda
Maar dan weer Chris, die ou grote het my al soveel male laat skater van die lag, dat ek dalk die eerste is wat my Amigo in Adam gaan mis ...
In 'n woernaal aan Angus tik Kobus onder meer die volgende: "Daar is die afgelope tyd 'n pletora (sic) van deskundige opinies hier op die forum weergee wat jou darwinistiese religie in vlamme laat opgaan - asook die skamele pogings wat jy kan aanbied om dit te probeer red."
... hahaha ... PLETORA??? ... kliek hier om te kyk hoe drie ander Amigos' die ou grote sou verstaan - http://www.youtube.com/watch?v=-mTUmczVdik
Hello Chris,
Hello Wouter
Ek het die gesprek tussen Rowan Williams en Richard Dawkins effens frustrerend gevind. Dawkins het my nog nooit beindruk wanneer hy in gesprek is met opponente met 'n filosofiese agtergrond. Dis nie dat ek baie van sy argumente nie oortuigend vind nie, maar dis tog asof hy onseker raak van homself wanneer hy praat oor onderwerpe wat nog nie voldoende deur die wetenskap verklaar is nie, die pitkos van teoloë en filosowe.
Williams maak ten volle gebruik van hierdie onsekerheid in Dawkins wanneer hy onderwerpe soos die siel, vrye wil/determinasie en menslike bewustheid aanraak. Dawkins, as nie-filosoof, verdien krediet hier omdat hy Williams se punt erken en nie dogmaties probeer argumenteer teen dit vanuit die oogpunt van 'n wetenskaplike nie. Dis egter presies hier, miskien, dat iemand soos Daniel Dennett 'n beter opponent sou gewees het vir Williams. Die trant van die gesprek was duidelik meer folosofies as wetenskaplik van aard.
Steeds, 'n interessante gesprek. Dankie vir die link.
Hier is 'n debat (nie heeltemal so gemoedelik as die een hierbo nie) tussen Tony Blair en Christopher Hitchens as jy dit nog nie gehoor het nie. My respek vir Tony Blair as Christen en dit waarvoor Christene kan staan het geweldig gestyg nadat ek hierna geluister het. Ek is seker jy sal dit geniet.
http://www.youtube.com/watch?v=ddsz9XBhrYA
Hello Chris,
Hello,
Hello
Perdebytjie, Panda, Johan en Wouter het my oortuig. Waarvoor ek vra is niks minder as sensuur, en dit is nie aanvaarbaar nie. Ek het duidelik nie die implikasies van my opinie oorweeg nie. Daarvoor vra ek verskoning.
Chris
Ietsie vinnig oor Blair:
Chris, jou betuiging van ordentlikheid bewys jou inbors. Ek weet nie of dit nodig was nie maar verseker jou, jou betoog is verstaanbaar. Kobus het sy vryheid al in so 'n mate misbruik dat hy selfs nie gehuiwer het om waar hy onder land ander se geliefdes te beledig nie. As ek kon sou ek beslis smeek vir sensuur minstens daarvan. Die res is maar eintlik net pret met sy eie hekelvers. Kobus is waarskynlik die queen op huiskerkstelsel teepartytjies waar hy en so 'n paar soos Wouter satires vir hul sepie op die werf "kreate". So bly als dag vir dag aan't rol van die lag ... Kobus se Amigo in Adam, Ekke
Wouter, wyl jy so lustig spoeg en blerts om jou au fait uit gesaghebbende bronne op ander te dwing, het ek gewonder of ek maar self die antwoord op my vragie hier ( https://www.litnet.co.za/Article/skeppingsleer ) moet antwoord. Sien, jy gaan nie die antwoord daarop (maklik) op Google of die Wiki kry nie. Jy sal die bron en die onderwerp moet ken om te weet wie die bekende bekroonde Nobel-prys fisikus is wat ek daarin vertaal het ...
Cornelius, die skeppingsleer stukkie wat jy geskryf het is pragtig. Ek het dit gekry op die internet. Dit was http://en.wikipedia.org/wiki/Leon_M._Lederman Leon M Lederman wat dit gese het.
Cornelius,
Wouter, ek hoop nog altyd om ervaring as iets beter as kitsnaslaan uit watter bron ookal op die aarde - selfs die Bybel - aan jou en Kobus voor te stel ...
Dit is nooit dat ek in akkoord met Henn is nie, maar graag stem ek saam dat Chris van die ordentlikste persone is wat ek raakgeloop het om die internet en verdien hy defnitief 'n pluimpie daarvoor.
Chris
Twee gelede het ek op verskeie blaaie op hierdie forum gelees van ene KdK. Ek het gedink dis 'n verskynsel in Afrikaanse kulturele kringe waarop ek uitgemis het.
Tot Kobus de Klerk sy verskyning in die kommentaarspasie van een van my eie stukke gemaak het.
Dankie vir jou advies 'n dag of wat gelede in hierdie verband.
Gelukkig kry mens notifikasies wanneer iemand kommentaar gelewer het op iets wat mens geplaas het. Ek scroll nou eenvoudig tot onder, en as ek sien die kommentaar is van De Klerk, ignoreer ek dit.
Groete
Brand