Kobus
Soos jy sien is ek darem nog hier. Agv my nuwe werk kry ek nie baie skryftyd nie. Maar nietemin. Ek weet nou waar Cornelius aan sy God ons moeder kom, en aan sy storie “mites is egter mites totdat GOD self dit werklik in jou hart maak”. Die arme man is vasgevang in die New Age-movement, want dit is net hulle wat so redeneer en met die sotlike idees vorendag kom. Vandaar ook sy “Hindoe, Moslem ...”-groete onder aan sy skrywes. Hy is so met die antichris deurmekaar soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smartie-boks. Ek hoop en bid net dat hy nie ook aan hulle praktyke deel neem nie.
Al wat ons kan doen is om te bid, maar om met hom te redeneer is useless. Verskoon die Engelse woorde tussenin, maar dit is die beste manier om dit te beskryf. Ek dink nie eers hy moet probeer stry nie want dan stry hy teen sy beterwete.
Groete
Erika Henn

