Kobus dans op ’n warm plaat

  • 7

“Jou storie oor eunuchs in Joodse koningshuise is gewoon ’n leuen”. = KdeK

Ons pro-bona prokureur vir God het sedert my laaste brief “ge-back pedel” op sy vorige insinuasie dat geen eunuchs in die Joodse koningshuise te vinde was nie.  Met my tekste direk vanuit die Bybel aangehaal, is dit nou, ek kwoteer hom: “Die voorbeelde van eunuchs wat jy noem, is uitsonderings en is boonop dié van die berugte heks-koningin Isebel, vrou van die afgodsdienaar koning Agab en dié van die ewe afvallige Sedekia wat God se profeet, Jeremia, in ’n put laat gooi, het”.  Nou erken hy daar was eunuchs in die Joodse koningshuise maar kastig nou net die slegte konings wat eunuchs aangehou het.  HeHe. Die man dans rond op ‘n warm plaat!

Ek het geskryf: “Joodse slawe kon deur mede-Jode vir net sewe jare aangehou word, en daarna vrygelaat word.  Non-Joodse slawe is nie anders as die omliggende volkere deur die Jode behandel nie.” Volgens hom, lieg ek weer eens en hy skryf:  “Jy verdraai die slawerny kwessie omdat jy nie insig het in wat aangaan, nie.”  Eerstens ek wonder hoeveel van ons lesers glo regtig ek het geen insig in wat in die Bybel aangaan nie, soos hy my wil verkwalik?

En tweedens, haal ek weer eens direk van die Bybel aan.  Ons pro-bona prokureur van God!  HeHe!

“If you buy a Hebrew slave, he is to serve for only six years.  Set him free in the seventh year, and he will owe you nothing for his freedom.  If he was single when he became your slave and then married afterward, only he will go free in the seventh year.  But if he was married before he became a slave, then his wife will be freed with him.  If his master gave him a wife while he was a slave, and they had sons or daughters, then the man will be free in the seventh year, but his wife and children will still belong to his master.  But the slave may plainly declare, 'I love my master, my wife, and my children.  I would rather not go free.'  If he does this, his master must present him before God.  Then his master must take him to the door and publicly pierce his ear with an awl.  After that, the slave will belong to his master forever”.  (Exodus 21:2-6 NLT)

“When a man sells his daughter as a slave, she will not be freed at the end of six years as the men are.  If she does not please the man who bought her, he may allow her to be bought back again.  But he is not allowed to sell her to foreigners, since he is the one who broke the contract with her.  And if the slave girl's owner arranges for her to marry his son, he may no longer treat her as a slave girl, but he must treat her as his daughter.  If he himself marries her and then takes another wife, he may not reduce her food or clothing or fail to sleep with her as his wife.  If he fails in any of these three ways, she may leave as a free woman without making any payment”.  (Exodus 21:7-11 NLT)

“However, you may purchase male or female slaves from among the foreigners who live among you.  You may also purchase the children of such resident foreigners, including those who have been born in your land.  You may treat them as your property, passing them on to your children as a permanent inheritance.  You may treat your slaves like this, but the people of Israel, your relatives, must never be treated this way”.  (Leviticus 25:44-46 NLT)

Nou vra ek met trane in my oë.  Hoe kan ek bogenoemde tekse verdraai?!  Bo en behalwe dit, dit was God se eie opdrag aan die Jode!!!!

Jaco Fourie

  • 7

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Jy raak nou, net soos Cornelius,  baie desperaat, Jaco.

    Dit beteken natuurlik dat jy besef jy is as ’n kansvatter en leuenaar ontbloot. Nou gryp jy reeds gebreekte strooihalms aan. Dit is maklik om uit te wys.

    Ek het haal weer jou eie aanvanklike bewering oor eunuchs aan – “Kastrasie van slawe was wel verbied, maar nieteenstaande, was eunuchs algemeen in die Joodse koningshuise te vinde gewees” My reaksie daarop haal jy hierbo aan. Ek sê en bevestig dit weereens, - jou storie oor eunuchs in Joodse koningshuise is gewoon ’n leuen. Eunuchs was nié algemeen in die Joodse koningshuise te vinde gewees nie – dit was uitsonderingsgevalle van sommige afvallige konings wat eunuchs aangehou het – en dan ook boonop hoofsaaklik buitelandse eunuchs.

    Dus, enigeen wat lees wat ek en jy geskrywe het, sien dit. Wat makeer jou om daaroor te stry en net méér die aandag op jou geknoei te vestig?

    En dan gaan jy so wrintie voort en haal aan uit die Woord oor slegs die vryman-reëlings met betrekking tot slawe soos dit tussen Joofdse en vreemdeling slawe verskil. Tog maak jy aanvanklik die algemene stelling, naamlik “…Non-Joodse slawe is nie anders as die omliggende volkere deur die Jode behandel nie”, welke deur my as onwaar aangewys is

    Onthou, die klem lê mos nou op die wye, algemene stelling van jou dat vreemdeling-slawe nie anders behandel is as die omliggende volke s'n, nie. Daarvoor het jy met jou aanhalings géén bewys gelewer nie en jy sal ook nie sulke aanhalings vind, nie.

    Ál uitsondering is dat hulle nie outomaties na sewe jaar, soos die Joodse slawe, vrykom nie – vir die res geld die algemene reëlings met betrekking tot residensiële vreemdelinge (teenoor deurtrekkende vreemdelinge) en só geld daardie reëls, naamlik :- Eksodus 23:9 “Jy mag ’n vreemdeling nie laat verdruk nie. Julle ken die lewe van ’n vreemdeling, want julle was vreemdelinge in Egipte.”; Deuteronomium 24:17 “Jy mag nie die regte van ’n vreemdeling of van ’n weeskind van hulle af wegvat nie...” ; 27:19 “Daar rus ’n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan ’n vreemdeling, ’n weeskind of ’n weduwee nie! Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’ ”

    Boonop het slawe in Israel ’n unieke wegloopreg wanneer hulle nie goed behandel word, nie – iets wat hoegenaamd nie by die heiden volke te vinde was, nie en dié reg het so gelui:-

    Deuteronomium 23:15 “Jy mag nie ’n slaaf wat van sy eienaar af na jou toe weggeloop het, aan sy eienaar teruggee nie. 16 Die slaaf mag by jou woon in een van jou stede wat hy kies, waar dit hom pas. Jy mag hom nie laat swaarkry nie”.

    Dus, ál hoe die slaaf se regte ingeperk kon word, is by wetgewing dat hy nie outomatiese vrymanskap na sewe jaar ontvang, nie. Verder moes hy soos enige Israeliet met waardigheid behandel, word, én het hy boonop die unieke wegloopreg, só anders as wat jy beweer, naamlik, dat hulle dieselfde behandel is deur die volk as deur die heidennasies. Die ander volke het hulle slawe verskriklik onmenslik en wreedaardig behandel. In skrille kontras met wat God vir die volk voorgeskrywe, het. Ek het alreeds aan jou uitgewys dat die slawerny fenomeen by die volk, meer soos langtermyn dienskontrakte gepaardgaande met goeie behandeling was en hulle móés algar goed versorg word, in skrille kontras met die heidennasies van die tyd.

    Ek volstaan dus by my aanvanklike kritiek teen jou kwaadwillige verdraaiings.

    Maar omdat jy nie insig het nie en ook nie kennis nie, maak jy die wanvoorstellings wat jy wél doen. Goed en wel, dit is nie ’n skande as iemand nie alles weet, nie, maar as jy darem in jou onkunde nog stry en dié met kennis wil afmaak as die onkundiges, óók, dán openbaar jy jouself mos as ’n insiglose en diskresielose swaap, soos wat jy wel doen. Kry jy dan nie skaam, nie?

    Dit sal wel mettertyd tot jou ook deurskemer, watter jis jy van jouself maak om, onkundig en insigloos soos wat jy is, met my en ander gelowiges te probeer stry.

    Onthou – moet dit nie vergeet nie – jy is ’n ateïs omdat jy nie weet wat aangaan nie. Jy is ’n ateïs vir al die verkeerde redes – weens vooroordeel en onkunde.

    En, nog iets. Lyk my, net soos in die geval van Cornelius, oorheers ek jou denke – jy is besig om obsessief te raak oor my. Waarom? Dink daaroor na. Jy maak ’n spektakel van jouself.

    Jy is reeds nou ontbloot vir die onkundige, insiglose, twisgierige Woord-verdraaiende skoorsoeker wat jy is maar dit hoef mos nie so te bly, nie? Sê vir ons, waarom neem jy Tant Alie se raad nie op nie?

    En so is jou teatrale grootsnater briefopskrif en snedige briefinhoud maar net weereens die eier in jou eie gesig. Wanneer sal julle leer?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Jaco, gaan kyk na die onderstaande skakel vir 'n elektroniese weergawe van die Bybel in Afrikaans. Dit begin by Genesis op hierdie skakel, maar jy kan vinnig na enige teks gaan - en dit selfs vergelyk met die 33 en 53 vertalings.

     
    Ek stuur die inligting want die KJV is alles behalwe betroubaar!  Daar is beter Engelse weergawes. Nog 'n handige naslaanplek is Blue Letter Bible. Gee selfs vir jou die Hebreeus of Griekse woord as jy regte plekke klik.  Kobus, jy kan ook gerus daar gaan kyk - sal help om sommige van jou aannames en uitsprake bietjie reg te help.
     
     
     
     
     
     
  • Kobus

    Dis beslis nie ek wat 'n obsessie met jou het nie, moenie vir jouself vernaamlik daaroor laat voel nie.  Dis jy wat 'n obsessie met homoseksualisme het, 'n obsessie met ateiste.  Jy het omtrent geen ander Bybelse onderwerp te bespreek nie.  Lyk vir my daardie "Spirituele Intellegensie" van jou is redelik afgestomp. Jy is die twisgierige een, wat ateiste en homos uitlok en wanneer jy dit reggeskry het, knaend sanik en beledigings rond en te bond slinger.  Dink jy vir enige oomblik dat gays en ateiste tot "bekering" sal kom op die sterkte van jou benadering tot die twee onderwerpe. 

    Ek gaan in elk geval volstaan wat ek geskrywe het. Ek weet ek is reg.  Ons jurie (lesers) sal self besin wie het Bybelse insig al dan nie, wie waarheid gepraat het al dan nie.

    Jaco Fourie

  • Vir die Leser:

     

    Die volgende is 'n vergelyking met Hammurabi wat deur die meeste heidense lande van die Middeooste toegepas was met Moses oor dieselfde onderwerp.  Lyk asof die heiden beteraf was as die Jood.

    "If a man sold himself and his family to compensate for a debt, they were to labor for their debt three years, but in the forth year the family was to be set free.18 Similarly, Mosaic Law stated that if an Israelite worked as a servant to pay off a debt, he would serve six years and in the seventh year be released".19 (Hammurabi's Code, Mosaic Law, and Justinian Law by Rit Nosotro)

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    Jy het op ’n kol hier vir Henry (dink ek) gesê dat jy ’n ateïs is as resultaat van jou ‘intensiewe’ studies… g’n wonder dat jy ’n ateïs is nie, Jaco, want dit word deesdae al meer en meer duidelik hoe bevooroordeeld, misleidend en onakkuraat die resultate van jou ‘studie’ is – die resultaat is dat jy met jou waninligting as substraat, jouself volledig oorgee aan die psigose van selfdesepsie waarop die ateïsme en die agnostisisme op die oorwig berus. Dus, jou deseptiewe religie, die ateïsme, soek en maak waninligting – die leuen – as dogma aan sy aanhangers. Soms is die leuens subtiel, dikwels voor die hand liggend, maar altyd teenwoordig. Daar het haas geen geleentheid verbygegaan sedert jy oor die Woord en God begin skrywe het, dat dit nie met dié soort van wanvoorstellings, waninligting en leuens deurspek was, nie.

    Kyk byvoorbeeld, nou weer jou behandeling van Hammurabi se sogenaamde slawewet vergeleke met die Mosaïese wette met betrekking tot slawerny. Kanse is uitstekend dat jy die Hammurabiese wet óók verdraai, as mense dit sou wou naspeur, maar kom ons konsenteer op die Woord soos dit in die Mosaïese wette uitdrukking vind.

    Jy roep weer die leser tot getuie – en die lesers sal die volgende vind, wanneer hulle onbevooroordeeld en met insig lees:-

    Onthou nou - ons praat hier van Hebreeuse (Israelitiese) slawe

    -          Die enigste manier hoe ’n Hebreeuse mens vir skuld verslaaf kon word, was as hy gesteel het, maar op voorwaarde dat hy dit nie kon teruggee of terugbetaal nie. Dan was hy vir slegs 6 jaar slaaf (Eksodus 22:2-3), maar moes goed behandel word, anders kon hy, soos enige slaaf, van sy wegloopreg gebruik maak, soos reeds elders uitgewys (Deuteronomium 23:15-16). Andersins mag die Hebreeuse man weens sy armoede of skuld nie as slaaf geneem word, waar hy sy vryheid verloor, nie, maar mag slegs as dagloner en bywoner dien teen vergoeding (Levitikus 25:39-45). Waarom wys jy dít nie uit nie, want dit weerspreek jou; 

    -          Mense kon hulself egter vrywillig as slawe verkoop en moes daarvoor betaal word én boonop vir die duur van sy slawerny goed behandel en versorg, word. Die slaaf het ’n keuse gehad – hy kon alleen diens doen as slaaf óf hy kon sy vrou saam laat diens doen (nie die kinders, nie). As hy sy vrou saam laat slawediens doen het, moes algar daarvoor vergoed word (hulle het dit immers vrywillig gedoen vir geld) en is sy ook saam met hom vrygelaat (Eksodus 21:2-3). Dit was dus deur en deur ’n dienskontrak. Só kon mense hul seuns en dogters ook as slawe “verkoop” dit wil sê, op dienskontrakte uitgee –  natuurlik onderhewig aan vergoeding en goeie behandeling en versorging en die wegloopreg, want dié reëls het universeel gegeld. Daarbenewens moes die eienaar by afloop van die slawerny kontrak (dienskontrak), nog boonop ’n diensbeëindigingspakket aan die slaaf (en sy vrou, as dit die man was en as sy saamgekom het) betaal (Eksodus 15:12-15)… waar dink jy, kom daardie billike arbeidsreg praktyk wat veral vandag so konsekwent toegepas en afgedwing word, vandaan?  

    Daarteenoor staan die Hammurabiese wet wat jy kwansuis aanhaal – die man én sy hele familie (dit wil sê sy uitgebreide familie waaroor hy die patriarg is ) is vir skuld verslaaf vir 3 jaar en ná die 3 jaar is slegs die familie vrygelaat, nie hy nie… en jou aangehaalde bron lieg oor die Hebreeuse (Israelitiese man) wat homself vir skuld (behalwe diefstalskuld) laat verslaaf – ek het uitgewys dat dit juis verbied word (Levitikus 25:39-45). Die wet het in ieder geval voorgeskrywe dat alle skuld elke 7 jaar kwytgeskeld word (Deuteronomium 15:1) iets wat nie by die heidennasies te vinde was, nie. Só lieg beide jy en jou uitgesoekte bronne (sorgvuldig uitgesoek juis omdat hulle saam met jou lieg). 

    Aanvaar dit nou maar, Jaco – die slawe kwessie van die Godsvolk as uniek in die billikheid en regverdigheid wat afgedwing was. Die billike behandeling van slawe was ingestel juis omdat God die volk van die wrede en onbillike juk van slawerny van die heidene gered het en God géén sodanige wreedheid en onbillikheid toegelaat het, nie. God het juis die Volk voortdurend daaraan herinner (Deuteronomium 15:15). Die reg- en billikheidsbeginsels is selfs in die Nuwe Testamentiese tyd afgedwing (Kolossense 4:1; Efesiers 6:9).

    Jou pogings tot verdagmakery laat maar net keer op keer die klem op jou eie kwaadwilligheid, vooroordeel, insigloosheid en onkunde val.   Die slegte naam wat slawerny in die moderne tye had, is juis ’n erfenis van die heidennasies – daarom word die woord ‘slaaf’ vandag nog daarmee geassosieer. Die woord ‘slaaf’ had ’n heel positiewe betekenis in die Godsverband -  arbeidswetgewing wat moderne arbeidskontrakte reël, is juis ’n erfenis van die Goddelike ingegewe Mosaïese wette. Die mense van destyds het hulle graag as slawe op kontrak aan eienaars verkoop, want op só ’n manier was hulle verseker van verblyf, inkomste, billike behandeling en goeie versorging en vrye deelname aan alle religieus praktyke  en ’n verpligte weeklikse rusdag (Sabbat).

    Voor God is daar geen onderskeid tussen slaaf en vryman, nie (1 Korinthiërs 12:13; Galasiërs 3:28 Efesiers 6:9). Nes ons in die moderne, billike arbeidsreëlings aantref.  

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Dit is nie ek wat julle, die homoseksualiste en ateïste tot bekering sal bring, nie, maar die Waarheid. Of die Waarheid sal julle in die Oordeel, veroordeel (Johannes 12:48) as julle dit bly teenstaan  (Mattheus 12:36-37). My voorreg en my Christelike plig, is om die Waarheid aan julle uit te wys (Mattheus 28:19).

    Soos sake dan staan, sal julle nie kan sê dat julle nie geweet het, nie, of dat God julle nie 'n meer as lankmoedige en billike kans gegee het, nie (sien 2 Petrus 3:9). En jy sien dit as twisgierig, sanik en uitlokking? Hoe dwaas van jou...

    Indien enigiets, 'sanik' en 'lok' ek jou uit, as jy dit dan so sien, om die Waarheid aan te neem - tot jou eie voordeel en vir jou eie beswil! Dit is jy wat te verloor het, nie ek nie! Ek, en die ander ook, doen dit want ek wil nie hê jy moet verloor nie - dit is naasteliefde, omdat ek omgee... en ek getuig vir die integriteit van die Woord - dit is liefde vir God.

    Watter beswaar kan jy daarteen hê? Hoe kan dit jou hoegenaamd benadeel? Probeer dit vir my rasioneel verklaar...

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top