Ek dink jy ly aan die Recognizing Blues. Ek verstaan dit kan glo onder andere veroorsaak word deur te veel dagga te rook. Ek weet nie of dit waar is in jou geval nie, maar ek is beslis nie Cornelius Henn nie.
Boonop verstaan jy my verkeerd, ek dink nie daai opgestanes leef nog nie, ek het bloot net voorbeelde genoem van probleme wat kan ontstaan as mense na jare skielik uit die dood opstaan.
Vyftig jaar is te lank voor mens se skulde afgeskryf word, waar kruip jy vir so lank weg?
Waar staan dit in die Bybel dat al die opgestanes verlostes was? Ek dink jy lieg! Onthou, mens mag nie byvoeg by die Bybel se teks nie, dis ’n sonde. En waarom sal die Here nou ’n siel uit die hemel neem en afbring aarde toe om hier weer te kom suffer in sy ou liggaam, wat sieklik kan wees? Dis mos ’n ernstige downgrade? En wat van mense wat verbrand het? Die energie bestaan dalk nog, maar die liggaam is grootliks vernietig.
Ek dink die hele ding is ’n liegstorie.
Groete,
Sondaar

