Klipsteenman

  • 0

Jou gesig in marmer en klip vasgevang
Jou geweer in jou hand,
Jou dreigemente maak my bang
Die wêreld aan die brand.

Verbrokkel na jare se staan
Jou gesig onherkenbaar,
Die geskiedenis herhaal
Soos jou oë stil vooruit staar.

Omgetakel en verbrand
Jou identiteit lê in as,
Vandag betaal jy vir die verlede se stand
Weggewaai deur wind geen teken van wat was.

Jou podium leeg
Ek sien jou nie meer,
Jou klip het beweeg
Eendag ontmoet hamer en beitel jou naam weer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top