Klippie in my skoen
Jy los 'n klippie in my skoen
Jy smeek my gou
Vir nog 'n soen
Jy gryp tequila
Jy gryp sout
Jy sug en sê:
"Hel, ek word oud"
Verlate op verlore straat
Jy begin die lewe regtig haat
Jy dink aan môres
Wat gisters word
Jy worry oor als
Wat jy nog kort
Jy los 'n klippie in my skoen
Jy smeek my gou
Vir nog 'n soen
Jy gryp tequila
Jy gryp sout
Trane laat
jou wange koud
Langer kan jy nie bly
Al dink ek jy kan
Sal jy wil stry
Jy gryp 'n tas
'n boarding pass
Jou reënjas
Maak jou skouers oud
Jy sit 'n klippie in my skoen
Jy steel vinnig
Nog 'n soen
Maar 'n klippie in my skoen
My lief
Beteken niks
definitief
![]() |



