Klieks

  • 5
Baie vriende vorm klieks. Hierdie kliek word deel van groter groep. Is dit die tropding waarvan daar so dikwels gepraat word? Klieks word dikwels in kerke, buurte en gemeenskappe gevorm.
 
Is hierdie dan die ondersteuningsbasis vir iemand, as die individu 'n krisis beleef? Nie altyd nie. Die houding is dikwels "jou kak is jou kak"! Dan verdwyn die klieklede en die individu word uitgestoot. Dit gebeur selfs in die parlement en in politieke partye. 
 
Is hierdie werklik nuuswaardig? Want Afrikaanse media het dikwels berigte oor hierdie voorvalle. 
 
Hans Richardt 

 
 
 
 
 
  • 5

Kommentaar

  • Barend, jou grapjas. Goed gestel. Deur die mens se bestaan is daar klieks of bendes. Jy sien dit vandag nog meer. Soos dit in die diplomatieke omgewing bekend staan, Jy het nie vriende nie, net belange. Is dit nie met vriendskappe ook so nie. Hoekom is mense met jou vriende of pelle. Is dit oorlat jy mooi, ryk of vrygewig is. Dit het op 'n stadium in my lewe geil gegaan. Toe bars my borreltjie. Weg is die meeste van my "vriende/pelle"

  • Avatar
    Hans Richardt

    Barend van der Merwe, dalk is jy uitsondering op die reël en leef asketiese lewe met jou pille van Click's?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, jy verstaan dan die strekking van my brief. Dis ongelukkig die dinamika van menswees. Solank daar 'n voordeel is om jou as kennis te hê in 'n sirkel, dan is jy van nut. Verloor jy jou nuttigheid agv persoonlike krisis, dan is dit "swem Jannie swem"! Sou "Jannie" wel swem en oorleef, is daar nog steeds koue skouer. Die dinamika van groepe en groepsdruk in samelewing.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Was iets soos bv Junior Rapportryers, Rapportryers en Broederbond nie ook 'n vorm van klieks nie? In 1977, na die Inligtingskandaal, was daar klieklede wat "geoffer" was vir "groter prentjie"! Dit was erg verdelend in die wit Afrikaner samelewing en het tot nie klieklede se nadeel gelei. Nie-klieklede was die donkies wat net moes werk en nie kon verstaan hoe dommies bo hul bevorder was, wat baie moedeloos en gefrustreerd gemaak het.
    My siening is dat sulke klieks verdelend en ergste vorm van diskriminasie is.
    Hierdie tipe klieks bestaan nog steeds in ANC SA en op die oomblik word bv staatskaping ondersoek, wat eintlik gemik was om Gupta staatskaping te ondersoek en toe spring Bosasa uit die blik...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top