"Kleurvol in liefde" deur Mari Wasserman

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

Die verskil tussen my en jou
tussen wit en blou.
Dalk red jy nog my lewe
met ‘n gedagte al te ewe.

Ons bloed is dieselfde rooi,
ek wil jou graag in nooi.
My lewe is skoon - groen
Met meer om te doen.

Jy sing dieselfde liedjie as wat ek sing
Op ‘n ander, beter ritme - ek dink
jy gee die noot wanneer ek in nood
na die huis terugkeer, na jou dood.

Waar is die land wat jy kom kweek het
die sweet, die lag, die pret.
Ek hoop daar is te veel,
van siele soos jy in geel.

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top