Kan ons nie asb mense soos Christo Wiese vra vir 'n bekostigbare tipe kettingwinkel vir die ouer man nie? Ek stel nie in die tipe 'baadjie en das'-mode belang nie, meer iets in lyn van 'n 'cutty shark'-baadjie uit denim met 'n voering uit geruite katoen? Rolnektruie vir winter, uit polyester-katoen? Skoene in die lyn van 'horseman' net met veters en lekker sagte sole? Denimbroeke met sysakke, soos 'n gewone broek? 'n Onderbaadjie uit kleurvolle katoen? 'n Bandana-tipe serp? Gewone woltruie met prentjies op of 'n 'grandpa'-toeknoop tipe kraag? Dan kan almal weet ek is bejaard en 'acting my age'? Ek pas nog in 'n 32 denim, ekstra large T-hemp, wat los bly sit na die tuimeldroër. Maak sportsokkies in meer klere as wit asb. Ek kan nie nylon of wolsokkies dra nie. Ek kry die beste boxers by Hyperama, vir R30 vir 2. Dit gaan oor gemak deesdae. Ek sukkel om klere te kry wat my smaak en sak pas. Ek koop nie blatante duur klere nie en hou niks van Britse mode nie.
Hans Richardt

