"Kleindorpie-liefde" deur Beatrice Pretorius

  • 0

Kleindorpie-liefde

Elke aand stap ek en jy, sy aan sy deur die maanlig
Jy roep en ek antwoord, jy wys en ek volg
en ons bly hand aan hand wandel
Ons bly hand aan hand wandel

REFREIN:
Kleindorpie-liefde is suiwer soet
tussen gras en bioscope
Melkskommels en vetkoeke en kerkpannekoeke
Dit gee vlerke aan bittersoet soene

Vroegdag stap ek en jy, sy aan sy vir ? brekfis
Jy gee en ek proe, jy sien en ek hoor
en ons bly saam lag
Ons bly saam glimlag

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top