Klein skinderdorpies
Klein dorpies soos dié
waar mense nog lag en skater
Somtyds sonder krag en somtyds sonder water
Die reën val stof druppels op ? grondpad
Die boere wat nog die opbrings saam skat
BRUG:
Daar toe ek klein was en baljaar
KOOR:
Oor die telefoon pale skinder en skandale
Selfs die dominee deel
in die vreugde van te veel nagmaalwyn
En die Sondag deur preek met ? hoofpyn
BRUG
Halfmasgespande drade, die jaar se droogte, skade
Die kermis reuk en klanke wat weergalm
Die oujongnooi wat wag onder ? palm
Eendag sal ek terugkyk en dit mis
BRUG
KOOR
BRUG
Voor die telefoonpale se skinders en skadale
Selfs die dominee treur oor die dorp se skeur
Die nagmaalwyn word gebêre vir ? ander keer
Daar toe ek my siel kon rus
KOOR
Die klein plaasdorpie
waar mense lag en skater
Somtyds sonder krag en somtyds sonder water
Daar waar ek my rus kon vind


