Klein dingetjies

  • 0

Klein dingetjies

Verwysing na dit wat jy nie op een winkelrak vind,
wat geen geskenkpapier kan bind.
Wat geld nie kan omskryf
en selfs baie biljoenêrs nie eers van kan getuig

Die sentimentele dinge,
nie silwer of goue ringe.
Dis die "môre" en "hallo"-woord;
die danksegging vir daaglikse brood

Byeenkoming vir koffie of tee,
mekaar opreg geniet
En saam baljaar op die see.

Dis die "hoe gaan dit?-" en "kan ek help?"-vrae.
Versterking van jou medemens,
sonder bymotiewe of daaroor te kla.

Waar hulle “een vir almal” en “almal vir een” uitspreek.
Liefde en bemoediging
teenoor mekaar preek.
Waar hulle jou naam in hul gebed oproep
vir een gelukkige pad en voorspoed

Die goed wat jy in jou hart kan koester.
Dit wat mens altyd sal onthou
en in ons moderne wêreld
Altyd sal kan aan vasklou!

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top