In VSA kry mens ’n klein goedkoop windlaaier, wat as batterybank vol is, ekstra lading na geyser-elemente van 12V, 24v en 48V kan stuur. Gekombineer met songeyser en panele, gaan jy altyd warm water hê wat selfs in winter ’n verwarmer kan verhit. Daar is son stowe en horde 12V, 24V en 48V huishoudelike toestelle. Strykyster is ’n drama. Waar is ons brandspiritus Tilly-strykyster nou? Gas en parafientoerusting is ook beter daar. Dus, as 100 000 huishoudings selfonderhoudend tov energie is in SA, is krag minder in aanvraag. Dan is soveel meer elektrisiteit vir swaar nywerhede. Dis tans goedkoper om jou hele fabriek na Brasilië uit te voer en te hervestig, as om dit vir ’n jaar in SA te bedryf. Ek hoop wragtag nie dat jy in beplanning van SA-ekonomie betrokke is nie met sulke kortsigtige tonnelvisie!
Hans Richardt

