
Silence is Golden: Political Language, Euphemism and Bullsh#t
Stephen Rosin
Solo-uitstalling

![]() |
| “Big Pharma” – Ink, pen, gouache en potlood op antieke register |
Die wenner van die 2009 ABSA l’Atelier, Stephen Rosin, sal sy ABSA KKNK-debuut by hierdie jaar se fees maak met ’n solo-uitstalling met die prikkelende titel “Silence is Golden: Political Language, Euphemism and Bullsh#t”.
Kenmerkend van hierdie bekroonde kunstenaar, fokus die uitstalling op die subtiele gebruik van satire en gevatte sêgoed om die draak te steek met, wat Rosin sien as, die bedrieglike natuur van gesag. Die kunstenaar se werk konsentreer op die nabetragting van verbale dualisme en die verwoestende impak van politiese en ekonomiese beleide in die bestaande sosiale en burokratiese strukture. Rosin poog om deur middel van sy kunswerke die leun wat agter die “waarheid” skuil te ontbloot.
Stephen Rosin versinnebeeld, deur middel van sy kunswerk, die argwaan en wantroue waarmee die individu die banaliteite van beheer beskou.
Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



