ABSA KKNK 2013 Kuns: Mans-Mens

  • 1

Mans-Mens

Chris Koch
Solo-uitstalling

 

Blindverlief

Deur die skynbaar ingewikkelde aard van seksuele identiteit van nader te beskou, het Chris Koch meer as bloot dit wat verskil ontdek: Eintlik dit wat algemeen is en ons juis saambind. Sy huidige werk vergestalt wat “ooreenstem” in ons bestaan – ongeag die seksuele identiteit van die spelers.

Die ouderdom wat ons inhaal, vrees vir verwerping en die hunkering na “die een” is almal universele temas wat nie tot seksuele identiteit beperk is nie. In die roesemoes van menslike verhoudinge word ons weerloosheid juis blootgelê wanneer ons met ons basiese versugting, om saam met iemand te wees, gekonfronteer word. Op die oppervlak van die volle spektrum van seksuele identiteit, is daar heelwat wat ooreenstem. Diskriminasie, die vrees van verwerping, maar veral die gedagte dat jy nêrens inpas nie is ook faktore wat die gay persoon affekteer.

Koch werk met digitale manipulasie van beelde en skep ryk visuele en multi-dimensionele kunswerke waarvan die titels baie belangrik is.

Koch het ’n verdere dimensie toegevoeg deur gedigte van Chris Brunette met elke kunswerk te kombineer.
Chris Koch: “Ek glo dat ons almal dieselfde pad stap en met dieselfde probleme worstel. Hierdie kunswerke is ’n poging om sekere kwessies van gay-wees uit te lig.

Chris Koch is ’n vryskut kreatiewe konsultant wat met baie talente woeker. Hy woon in Kaapstad. Chris Brunette verdien sy brood met IT-bestuur en is ’n digter. Hy het sy Meestersgraad in Afrikaanse Literatuur onder leiding van Joan Hambidge en Etienne van Heerden in 2010 by Universiteit Kaapstad voltooi.

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

 

Besoek die virtuele galery

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top