"Kinders" deur Gerhardus Pieterse

  • 0

Kinders

Mammas en Pappas is daar om te voed
Ouers ken elke kind se gemoed
Met hulle seer en as hulle presteer
Dan weet ouers wat hulle begeer
Oumas en Oupas is daar om te bederf
Hul kleinkinders word lekker geterg
’n Oop deur sal hulle altyd kry
Saam met Ouma en Oupa se lekkerny
Susters en broers is daar om mekaar te ondersteun
Hulle hardloop sommer kaalvoet in die r eë n
Deur dik en dun staan hulle by mekaar
Op partytjies word na  hulle gestaar
Mammas en Pappas gee altyd raas
Elke kind kan net met sy ouers kom praat
Ja ouers is daar om liefde te gee
Dit is daarom dat hul kinders sukses betree

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top