"Kinderlike vriendskap" deur Danielle Fouche

  • 0

Kinderlike vriendskap

Vriendskap se liefde is soveel meer
Gemakliker ongeskik, hoe kan ons vriendskap keer?
Dans-dans. sing-sing, geniet jou vriend
Die dappermuis, lappop, wie kan dit stop?

REFREIN:
Kyk nou stadig
Hardloop vinnig
Al die liefde, al die vriendskap
veroorsaak bevange lewens
Onbaatsugtige harte
verwyder vriende se smarte

Ware vriende hou nie van voorgee nie
Hulle sal ook nooit ophou probeer nie
Spring-spring ,lag-lag, wees net laf
Kyk op, kyk af, jou broek val af

REFREIN

Jou vriende is dalk mooier
Myne gee minder plooie
Jou vriende kry dalk graad
Myne luister as ek praat
Kinderlike vriendskap
Beter as lemoensap

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top