Kindertjies, onskuldig,
Dierbaar en klein.
Wanneer hul soggens wakker skrik,
Het hulle net speel op die brein.
Tog te kostelik,
Lagwekkende goed wat hul soms sê.
Wanneer hulle by ’n winkel instap,
Wat die ogies sien, wil hulle hê.
Hulle is altyd hiperaktief,
Raak baie stadig moeg.
Slapenstyd later vanaand,
Is vir hulle altyd vroeg.
Ouers geseën met kindertjies,
Om hulle op te pas.
Elke dag ’n nuwe ervaring,
Waarmee hulle jou verras.
Skielik verlang ek nou terug,
Na my eie kinderdae.
Toe ek kon speel en speelgoed steel,
En baie vrae kon vra.

