Kiekie

  • 0

Foto: Canva.com


die man sê:
“Martin, kyk vir die kamera en lag ’n bietjie”
gesien
in ’n verbleikte 1976-kiekie
seun met ’n hoedjie,
kaalvoet,
herinneringe het hierdie karkas
tot manlikheid laat swel
en van binne uitgehol
sodat
net die dop van ’n klein gedagte oor was

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top