Kiekie 12

  • 8

Ons ry eendag, ek dink op pad iewers heen en ek sien, links voor langs die pad, 'n geboutjie op pale. Ek sê vir my vrou, "Daai geboutjie op pale. Ek wonder wat se geboutjie is dit?"

Soos ons verbyry kyk sy by die venster uit en ek sien sy praat maar met die nou dat haar kop weggedraai is en die wiele suis kon ek nie hoor wat sy sê nie. Toe ons verby is en sy weer vorentoe kyk vra ek haar wat sy gesê het.

"Daai geboutjie op pale," sê sy.

"Ja, "sê ek, "wat van hom?"

"Ek wonder wat se geboutjie is dit?" sê sy.

Jan Rap

  • 8

Kommentaar

  • Dag Jan,

    nou wonder ek so saggies en teer. Daar waar jy sê "ek dink op pad iewers heen" Ek vra toe myself, Myself, as hy nie op pad is iewers heen nie, hoe werk sy ryery dan?

     

    Veilige reis vir jou

    Duitswester

  • Duitswester
    Partykeer ry ons sommer net omdat ry ry is – gewoonlik sien ek waarheen as ons daar aankom.

    Trienie
    Dis maar soos julle vrouens se koppe werk.

    Frans
    Nee, heeltemal te laag daarvoor en daar was ook nie bos in die omgewing nie.

    Charl
    Die moer weet.

    Geseënde Kersfees vir julle almal.

  • Paul Sorensen

    As ’n Suid-Afrikaner wat grootgeword het in Kaapstad weet ek dat Afrika iewerste in die Noorde bestaan dalk met geboutjies op toringe maar wie gee ’n duit om.. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top