KI kan vals nuus skryf en lees

  • 11

Angus, ek soek dié program vir politieke korrekte retoriek-nuusblad ... 

Hans Richardt 
 
  • 11

Kommentaar

  • Ek lees nou hier en dit val my by (heel buite konteks) - onthou daardie video van die maankarretjie wat so 'n es kap dat die maanstoffies van die regteragterwiel opskiet, net soos dit op die aarde sou gebeur indien jy 'n es op los grond sou kap, net een ding, die swaartekrag op die maan is ⅙ van die op die aarde, sou die stoffies nie hoër moes trek nie - 'n groter, wyer en hoër boog moes maak nie? Ek wonder nou.

  • Hans Richardt

    Angus, dalk sal die vissies vermeerder en Groter wees met KI? Om te dink KI is so goed met die taak, dat arme Trump as meeloperverraaier van Russiese Federasie ondersoek word, sonder enige tasbare bewyse om hom mee te vervolg?
    Net vir interessantheid, wie sou vervolg word vir KI se optrede, die aanvanklike programmeerder of hardeware tegnikus?

  • Hans, niks nuuts op deeske aardbol nie. So 'n masjien het duidende jare gelede al die Bybel geskryf, en vyf vissies in walvisse vergroot om die menseskare te voed.

  • Van spekskieters gepraat! Kom ons wees nou eerlik. Die skrywers van die Bybel was almal kampioenspekskieters.

  • Jy skryf dit omdat jy nie weet waarvan jy praat nie. Die Sadduseërs het belangrike posisies beklee insluitend die hoofpriester en hoëpriester. Hulle het ook die meerderheid van 70 setels in die Sanhedrin beklee.
    Oor hulle is geskryf: Hulle het enige opstanding uit die dood ontken (Matt 22:23; Mark 12:18-27; Hand 23:8).
    Hulle het enige lewe na die dood ontken, deurdat hulle geglo het dat die siel tot niet gaan by die dood en dus het hulle enige straf of beloning na die aardse lewe ontken.
    Hulle het die bestaan van ‘n geestelike wêreld ontken, soos engele en demone (Hand 23;8).
    Aangesien die Sadduseërs meer in politiek as in godsdiens betrokke was, was hul onbetrokke by Jesus, totdat hulle bang geword het dat Hy ongewenste Romeinse aandag sou trek. Dit was op hierdie punt dat die Sadduseërs en Fariseërs saamgespan het om Christus dood te maak (Joh 11:48-50; Mark 14:53; 15;1)."
    Die Jode was gedurende hul verblyf in Egipte blootgestel aan die Egiptiese sienswyse oor lewe na die dood, maar dit is opmerklik dat die in die tyd van die Ou Testament mense meer gemoeid was oor dinge in die lewe, die moets en moenies, as dit wat gebeur na die dood.
    Jesus, die Jesus wie se bestaan jy ontken het egter jou en die mense wat met Hom in 'n twisgesprek getree het se onkunde in die verband ontbloot en hul vrae as dom beskryf.
    Lekker dag

  • Beste Hans
    Kry eerder vir Angus voor stok,dit is hy wat die Bybel by die onderwerp ingesleep het.

  • Hans Richardt

    FC Boot, klink asof die selflerende rekenaars, onverstaanbare taal gaan gebruik en mense totaal uitsluit.
    Die punt wat ek probeer maak, is dat ANC vinnig op wa gespring het oor Vierde industriële rewolusie, maar pot heeltemal misgesit het, soos gewoonlik, wat dit presies behels. My verstaan daarvan is hoe kunsmatige intelligensie en robotte werkverliese tot gevolg gaan hê en die oorbevolkte populasie werkloos en honger gaan laat. Maw, dit is nie reddingsboei vir verkiesingsbeloftes nie. In VSA het dit indiensneming laat afneem die afgelope paar maande, omdat industriële robotte meer gebruik word.
    Laat my wonder oor bv werkskepping in SA en uiteindelike onteiening wat op niks gaan uitloop, omdat beleggers liewers in lande gaan belê waar intelligente kunsmatige intelligensie-robotte die werk gaan doen, met minimum hooggekwalifiseerde mense om KI in stand te hou. Bv in Japan en China, het bevolkingsaanwas na negatief begin gaan en ou mense spandeer tyd in parke met Tai Chi en dans. Chinese professionele vroue wil nie kinders hê nie, hul verkies blink leefstyl bo kinders. Daarom dat streeksoorloë toeneem, met jong Europeërs en Oosterlinge, wat bv ISIS-lede geword het, op soek na sin in lewe.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top