waar u, na alle waarskyn begraaf, nu legt,
u laaste rusplek, praalgraf, half verberg,
Moeder, Krotoa, weet nugter, Ekapa minner,
stadsraadslede wat oor u staan-’n-skinner,
wil u, sonder graf, sonder familie, in steeg,
u geskiedenis, u storie, u nalatenskap, uitveeg,
laat vervaag, trag seker u nageslag’s vertraag
vind vandag meer Duiwelspiek-verering plaas,
Goede Hoop’t mos haar laaste asem uitgeblaas,
al staan Mens m’t mekaar, onkunde-ontkennend,
Gewete-loos, Self-destruktief, en raas, en skree,
Etos, Moraal, besig om toetentaal in, mee t’gee
Eva, Prinses uit Overberg, u’t so vir Peter geterg,
hy kon hom nie vererg, sy Deense bloed beteuel,
wou net met u oppie strand ’dokter-dokter’ speel,
eerste telg al daar, voor Jan u preekstoel toe lei,
nes Pocahontas, het u Westerse man se van gekry
u geloofsformuliere, katkisasie, verse, doop,
wou Kompanjie Khoisanskap vol uit u stroop,
deur hoogleraar’s u met Heil’ge Gees besprenkel,
nou druk hul u in ’n stadsteeg in, so alleen, enkel,
Moeder Krotoa, onthou baie goed: Jesus se bloed
wil grafskenders u nou in Kasteel se straat,
Kompanjie-verbinding met VOC-meerderheid,
u weer plaas, ’op ú Plek’, geïsoleer, apartheid,
want Khoisan’s noggie Eerste, heel Eerste Mens,
“Duiwelspiek”-dissipels eenvoudig net te kens,
wil Waarheid t’n alle koste, gewetenloos wegwens,
ai, Krotoa, moet Mens weldra ma’ lot by u bekla
Millennium Drie Kompanjie stort ook in duie,
nes VOC, nes Golf-oorlog, amper iets uit verlede,
nes onkunde-ontkenning, Self-destruksie, slawerny,
Gat in Kasteel, so donker, selfs Tas moes rondtas,
skoon verbaas dat intelligensie so superslinks was
doodgeval, sterfte, kennisgewing, verabsentering,
Lewe Een-lewe verruil vir Lewe Twee, wat ook al,
wat’t ook al mag of sal behels, insluit, verg, vereis,
ten minste is Mens, Siel, op een spirituele soort reis,
vra God van Goed, God van Kwaad, elk hul stuk vleis,
is Mens te hardkoppig, hardegat, ondersoek te loods,
paar van Skepper se Trieks hier op Aard’ na te boots
wil oudstryders nou u graf ontheilig, skandelik skend,
sonder enige eerbetoon hul tot Van Riebeeckers wend,
stam met “g’n Krotoa-bloed in hul are”, “niks van Afrika”,
niemand het mos WVK-sirkus se hofnarstryd goed gewen,
al is Sello terug, op pad na premierskap, Limpaloeka-popo,
Mugabe-pryser, houtwerk-geletterdheid beperk, polities sterk,
meerderheid is mos maklik oortuigbaar, kry mos lelik swaar
wil oud-terroriste u nou soos ’n ’hotnotmeid’ behandel, eish,
Krotoa Havgard, dink hul mos nes DF Malan, HF Verwoerd,
gediend daarmee dat Eerste Mens uit eie land moes skoert,
sonner seremonie, sonner ’n bos blomme op u graf, Moeder,
sonner ’n storie, verhaal, verban tot 'n persona non grata,
deur selle Kompanjie aan wie u tienduisend vee sou gee,
soos ’plaasvolk’ vergoed met drank, dopstelsel vroeg begin,
drink u toe u sorge skoon onder Van Riebeeck se tafel in
nou lê u êrens vergete, nes oud-inwoners van Ses,
geskiedenis van Kaap, sedert u tyd, streng opgeteken,
skribant, skrywer, transkribeerder, moes alles verreken,
in Daghregister staan dit, swart op wit, hoe u gedoop is,
verse uit Van Riebeeck se Familiebybel moes memoriseer,
eerste Khoi-vrou om as Christen in Kompanjiekerk te trou,
u het in ’n groot mate Afrikanernasie begin bou, Mevrouw
u, Moeder Krotoa, Mevrou Havgard, was Kompanjie-dienaar,
getroud met sjirurgijn, Van Meerhoff, mal Deen uit Havgard,
u het nooit Peter Havgard se avant gardeskap versadig,
kon nooit daarin slaag, sy transkulturele soeke te behaag,
Eiland-lewe was vir hom eenvoudig net-net te vaag, leeg,
wat sou Dr Havgard dink van u “Place”, Kasteelstraatsteeg,
wou Peter altyd verder, wildernis verken, nog slawe vang
waar Mens in St George’s Mall, by brilhuis verby kyk,
oppie hoek, opkyk, in Kasteelstraat op, Berg toe,
’n paar klein kasteeltjies in die straat, langs ABSA,
volwasse vermaak is mos wat stadsvaders smaak,
nie die plek vir enigiemand se geliefde, familie, nie
“Duiwelspiek” so waaragtig toe noggie gewysig,
Pleknaamkomitee-voorsitter weet, erg verleë,
onaangetas lê sjatan, hoog en droog, bo Kaap,
met sy ultra-demonies struktuurgeweld-idee,
ruk Gewete uit Kind van God, bloed-’n-vlees,
sy trippel ses so prominent, bo u onbekende graf
Moeder, waar Kompanjie’t dan ook al goed sou vind,
vir u, as Khoi, in Moederstad plek sou moes maak,
ten minste’t u Jan en Maria se ouerharte geraak,
Mens kan maar sê, Krotoa, u was hul peetkind,
u lewe ’n offer vir Kompanjie se Vryburger-taak
Jacobus Faasen

