Kersfees: Jode, Christene en aardverwarming

  • 4

Die Jode het pas Hanukkah gevier, die fees vir oorwinning van lig oor donker. 

Christene gaan die fees van Christus se oorwinning oor hel vier. 
 
Oral in die winkelsentrums is "faked" sneeu, maar in die Karoo het ons net te veel sonlig. Alles verdor ... Dis soos hel op aarde.
 
Wanneer is daar ’n fees vir oorwinning oor die droogte?  Die reënboog is die viering dat daar nie weer vloed sal wees nie ...
 
Wanneer gaan Santa  nou ’n ander prentjie kry agv "aardverwarming"? 
 
Hans Richardt 
  • 4

Kommentaar

  • Die Jode het ten minste iets om te vier, Hanukkan, maar die Christene vier Santa se kinderverhaal wat ten laaste ook in Suid-Afrika aangekom het vanaf die Noorde. Die arme boere het voorheen niks geweet van Kersfees nie. Nou word die Christene beïnvloed met 'n fees wat absoluut niks te make het met Christus nie. Waar die geboorte en die datum vandaan kom sal net die Roomse Kerk weet. Elke jaar kan ek nie wag dat die feestye verby is nie, want daar is tog geen fees daaraan verbonde nie. Al wat jy hoor is uitsprake van voorspoed en geluk, al is jy in die finansiële knyp. Elke jaar word dieselfde beloftes en lirieke gemaak om jou vir die oomblik te troos. My buurman het besluit om sy kous nie meer by sy bed op te hang nie, maar by sy venter in die sitkamer met die hoop Santa sien dit raak.

  • Hans Richardt

    Ons het nou oor Krismistyd die kous om die reënmeter getrek in die Karoo ... Die weervoorspelling is ook "voelgoed nuus", hul voorspel donnerstorms en dan kom buurman se plaas verby in 'n helse stofstorm. Wil ook nie die stof verniet hê nie, want die verbandskuld is al te groot ...

    Die ergste is al die "voelgoed-boodskappies", wat niks eintlik verander nie. Dis net soos die destydse kersboom, waarvan die blakers uit ou parafienblikke gemaak was, waaronder daardie blink blikkarretjie, wat opgewen kon word, gelê het in kerspapier wat vir bloemlesing gebruik was later. Die veer het nie tot sononder gehou nie ...

    Nou ja, die Joodse Hanukkah vier die 7 dae wat die kandelare op die bietjie beskikbare olie in die destydse tempel bly brand het, tot Macabees weer kosher lampolie kon kry.

    Dalk moet ons weer werk aan ons eie tradisies as gesinne?

  • Hoe so? My weerkaart wys dan reën in die Klein Karoo! Lekker ruik aan die Katbos en Kambro! Hier by ons in Durban pomp my lugverkoeling liters water uit die huis, terwyl alles buite sopnat is.

  • Ja, Angus, hulle voorspel reën dan kry jy dou. Eskom gee kragonderbreukings as beloftes. Hulle sit die krag nou in die nag af, want hulle werk under cover.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top