Die kerke en hul aanhangers gee nooit reguit antwoord, maw reg of verkeerd, oor Bybelvrae nie. Dis altyd 'n 'grysgebied' en dan kan karring hul aan met leuens waarin hul glo en jy word dan gemerk as 'ongelowige'.
My vrae:
1. Die boom van kennis, hoekom is dié tweetjies nie op die plek dood nie?
2. Waar het Kain dan al sy vroue gekry?
3. Jesus was 'n buite-egtelike kind van 'heilige gees', want Josef was Maria se man en sy 'n 'virgin'.
4. Jesus het geen heteroseksuele verhouding in evangelies nie, net 'n homoseksuele inslag, bv Judas-kus?
5. Dis wat geskryf staan as 'ewige waarheid vir alle tye'? Ek wonder darem.
Hans Richardt


Kommentaar
Beste Hans,
Ek het geheel ooreenstemming met jou dat "kerke en hul aanhangers" eerder op wêreldse ideologie as op die hart van die mites (soos in mitologie) wat hulle so graag misbruik vir hul eie gewin gesteld is.
Sonder om in diepte te gaan, antwoord ek op jou stellinge so kort en dwarsdeur as wat ek dit in my hart vind:
1. Die boom van kennis, hoekom is dié tweetjies nie op die plek dood nie? - die mite (soos in mitologie) leer dis danksy God se genade.
2. Waar het Kain dan al sy vroue gekry? - die mites (soos in mitologie) in die Bybel is nie absoluut nie. Daar was menige ander skepsels reeds op die aarde en veral BUITE die Tuin van Eden gewees. Dis nodig om ander Hielige Skrifte buite die Bybel ook te ken om die geheel daarvan te pas..
3. Jesus was 'n buite-egtelike kind van 'heilige gees', want Josef was Maria se man en sy 'n 'virgin'. - dink aan iets soos in-vitro en surogaat moederskap.
4. Jesus het geen heteroseksuele verhouding in evangelies nie, net 'n homoseksuele inslag, bv Judas-kus? - vroue het Jesus se voete ge-olie en met hul hare afgedroog; dink aan die Samaritaanse vrou by die put; dink aan die owerspelige vrou wat gestenig sou word; dink aan die vroue wat by Sy graf gewaak het; dink aan die vrou wat aan bloedvloeiing gely het en Jesus aangeraak het; dink aan die tempel hoer Maria Magdalena en haar toegewydheid aan Jesus... dink aan die Kananése vrou en die krummels...
5. Dis wat geskryf staan as 'ewige waarheid vir alle tye'? Ek wonder darem. - wat in die Bybel staan (sonder om geloof of ongeloof daarin te bring) Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is (1 Korintiërs 13:12)
Namaste!
Cornelius