"Kenau" by Erik Levigne

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vandag wys ek jou hoe om waarheid met tyd te kwes
Vandag wys ek jou hoe om dors sonder ’n druppel water te les
Vandag wys ek jou hoe om ’n hout huis uit klip te bou
Vandag wys ek jou hoe trap mens oor die tou
Kenau….Kenau…

Wanneer die poësie verdamp
Wanneer die rym-werk stol
Word jou waarde gemeet
In terme van lus en sweet

Sewe wyse digters soek ’n antwoord op jou som
Sewe jaar later het al sewe omgekom
`n Honderdduisend leuens is ’n winskoop vir jou kiem
Almal kyk maar weier om te sien
Kenau…..Kenau…

Wanneer die poësie verdamp
Wanneer die rym-werk stol
Word jou waarde gemeet
in terme van lus en sweet

Kenau….Kenau...
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top