"Ken jy ons" deur Melanie Mienie

  • 0

Ken jy ons

Sê my
Onthou jy nog
Alles wat was
Ken jy ons

Het jy vergeet
Alles wat ons gehad
Alles wat ons was
Jy en ek
Moes vir altyd gewees het
Maar alles het verander
Alles is verlore
Hoekom vind jy nie die pad terug na my

Ken jy ons
Onthou jy nog
Alles wat was
Sê my

Hoekom het alles so gebeur
Hoekom het ons dit toegelaat
Kan ons dit nie herstel nie
Terug na hoe dit was
Die stilte haal my in
Wat gaan van ons word
Wat kan ons doen

Sê my
Onthou jy nog
Alles wat was
Ken jy ons

Hoe kon jy so vergeet het
Al ons tye saam
Vertel my
Was dit ek
Of was dit jy
Sommige dinge is onverstaanbaar
Ek wonder wat het gebeur
Elke nag dan droom ek
Van alles wat ons was

Ken jy ons
Onthou jy nog
Alles wat was
Sê my

Dinge kon soveel anders gewees het
Maar tog dalk nie
Hoekom het ons nie net ons liefde opgebou nie
Maar wat kan ek nou sê
Jy is weg vir altyd
En ek
Ek is nog hier

Sê my
Onthou jy nog
Alles wat was
Ken jy ons

Ek wonder somtyds
Of ek vir altyd alleen gaan wees
Dan dink ek terug aan hoe ons was
Ek ken ons
Maar jy
Ja jy het ons vergeet

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top