"Kelkie Pyn" deur Nommer 4

  • 0

Kelkie Pyn

Die dag wat kantel op dié skemer kelkie
se nag staan blind in die maan se oë
Op die randsteen waar eens kinderklein
ek eenmaal bal gespeel het
Hier waar ek nou met kopseer pyn
weer kan sien hoe die son ondergaan

Die kelkie was eens rooi en soet
geluk nog net ? randsteen ver
Nou’s die kelkie rooi van bloed
op dié plek
waar ek myself verloor het

Dwang verdrink my sorge
my sondes
Dié plek was eens my geluk
Hier waar ek nou my sente kan tel
in een hand palm
om later my geluk
met sononder uit te drink.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top