"Keer op keer" deur Jessica Kleinhans

  • 0

Keer op keer

Verse 1:
Jy’t vir my gesê
Dat lewe homself hanteer
Ek verstaan nie meer
Hoekom ek jou nie kan lees

Verse 2:
Jy’t vir my gesê
Met tyd sal ons verstaan
Hoe kan ons hier lê
En ons liefde net laat gaan

Chorus (1):
Ekke wil net weet
Hoekom is dit al klaar seer
Dit was tog egter ek
Wat net als so laat gebeur
Ek’t vir jou gesê
Daar is ’n krom pad keer op keer

Verse 3:
Jou oë gevul met leuens
Sonder dat ek daarvan weet
Jy’t gekontempleer
En my maak glo dat ek’s verkeerd

Verse 4:
Hoe het dit gebeur?
Hierdie is die seerste seer
Toe jy van my weggaan
Was daar niks wat jou kon keer

Chorus (1):
Ekke wil net weet
Hoekom is dit al klaar seer
Dit was tog egter ek
Wat net als so laat gebeur
Ek’t vir jou gesê
Daar is ’n krom pad keer op keer

Bridge:
Maar vir nou
Sal ek die heel aand aan jou vasklou
Ons wonde is nog rou
Kan ons ons drome net vir een dag onthou

Chorus (2):
Ekke wil net weet
Hoekom is als uit beheer
Dit was tog egter jy
Wat wou nog ’n keer probeer
Ek’t toe geleer
Jy was die krom pad hierdie keer

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top