In ’n skrywe wat op 16 November verskyn het maak Kobus de Klerk soos gewoonlik allerhande waarheidsaansprake sonder om enige bewyse te verskaf. In reaksie daarop konstateer ek toe die feit dat sy waarheidsaansprake nie ernstig opgeneem kan word nie omdat sy rekord van kluitjies bak hier op die Sê hom van alle geloofwaardigheid stroop. In ’n vurige aanval op my stelling (met Dolfie al keffende agterna) daag hy my uit om aan te toon dat hy wel ’n reputasie opgebou het van die versprei van onwaarhede. Om sy versoek te ignoreer sal natuurlik deur hom en sy sikofantiese ondersteuners vertolk word as dat hy wel die waarheid praat. Sleepvingerend sal ek dus voortgaan om enkele voorbeelde van sy onwaarheidsaansprake hier uit te lig.
KdK is deur sy eie professionele liggaam as prokureur van die rol geskrap. Dit gebeur slegs as die betrokke prokureur hom aan wangedrag skuldig maak en die beroep in oneer bring. In ’n poging om hom te verontskuldig het KdK hier op die Sê probeer verduidelik wat gebeur het. Net soos die tugkomitee van sy professionele liggaam het ons SêNetters dit herken as gebakte kluitjies. Carte Blanche het die storie nagevolg en tot dieselfde gevolgtrekking as die SêNetters en die tugkomitee gekom. Die arme kliënt wat in die proses betrokke was, het op nasionale televisie KdK se onwaarheidsaansprake bevestig. Cornelius kan die skakels verskaf vir diegene wat belang stel om die kluitjiebakkery te aanskou.
’n Meer amusante voorbeeld van onwaarheidsaansprake was toe KdK ewe breedborstig, beweer het dat Jupiter se mane nie met ’n gewone teleskoop van die aarde af sigbaar is nie. Toe sy onkunde oor die astronomie op die Sê openbaar gemaak is, het hy aanhou met onwaarhede verkondig maar volstrek geweier om te erken dat hy bog gepraat het. Selfs nadat foto’s, wat met ’n gewone klein teleskoop van die aarde af geneem is, op die Sê geplaas is, het hy voortgegaan en nog meer astronomiese kluitjies gebak.
Op ’n ernstiger noot het KdK deur blatante en doelbewuste leuens karaktermoord op ’n wydbelese en berese mede-SêNetter, wat sy bogpratery weerlê het, probeer pleeg. KdK het hier vir almal om te lees beweer dat Pieter Redelinghuys ’n voortvlugtige vir die gereg is – sonder om enige bewyse vir sy bewering te verskaf. Pieter Redelinghuys is bekend aan my en woon al die afgelope 40 jaar in Helsinki in Finland waar hy as spesialis narkotiseur gepraktiseer het. Nadat hy ’n MMed-graad in narkose by Stellenbosch Universiteit behaal het, is hy met ’n Finse meisie getroud en het hy homself in Helsinki gevestig. Hier het hy gesuper-spesialiseer in pediatriese narkose en was tot en met sy aftrede ’n hoogs gerespekteerde arts met baie hoë aansien. Toe hierdie feite onder KdK se aandag gebring word, was sy reaksie nie om om verskoning te vra nie maar om nog meer kluitjies te bak deur te beweer dat Pieter nie ’n gekwalifiseerde narkotiseur is nie. Soos ons hom ken het KdK nooit vir enige van sy bewerings bewyse verskaf nie en is van ons verwag om sy “woord” te neem.
’n Laaste voorbeeld van KdK se kluitjiebakkery is sy skrywe oor meme wat baie netjies en deeglik deur Angus in sy skrywe “Waarhede en leuens oor meme” gister uitgewys is vir wat dit is – blatante leuens.
Dit is geen wonder dat die SêNet term, KdK-praat, spontaan as sinoniem vir twakpraat hier op die werf aanvaar is nie. Maar voor julle dink ons praat lelik hier op die Sê – KdK staan vir Kosie die Kluitjiebakker!
KdK: Waarheidspreker of Kluitjiebakker? Besluit maar self.
Groetnis
Thomas


Kommentaar
Nou ja, ek is relatief nuut hier en ken nie die hele geskiedenis van KdK nie. Tot dusver het ek die indruk gekry dat hy dit nogal geniet om ’n martelaar te wees, en nie kan wag om in die hemel te sit en kyk hoe die res van ons brand nie. Maar verder heeltemal skadeloos en miskien nie die moeite werd om mens oor te ontstel nie.
In vorige korrespondensie het ek hom sekere vrae gevra en sekere bewerings gemaak, en hy het net nooit gereageer nie. In effek dus erken dat hy nie weet waarvan hy praat as dit by sekere vakgebiede kom nie, en ek het my toe nie veel verder aan hom gesteur nie. Sy teologiese relase interesseer my nie, en meeste van die tyd kan ek in elk geval nie kop of stert uitmaak waarvan hy praat nie.
Maar as dit wat jy sê oor sy idees oor Jupiter se mane waar is, dan is ek skoon stomgeslaan. Newwermaaind ’n teleskoop; jy kan die goed met ’n doodgewone verkyker sien. En dit is die ding van die pseudowetenskaplikes wat ek die heel minste verstaan: dit is dikwels nie nodig om in mens se leunstoel (leuenstoel?) te sit en wonder en debatteer nie; vele van die relevante waarnemings kan jy self doen. Maar nou ja, die pouslike amptenare was ook so seker hulle is reg, of so bang hulle dalk verkeerd, dat hulle geweier het om deur Galileo se teleskoop te kyk. Danksy superieure spirituele insig het hulle GEWEET Jupiter het nie mane nie.
Ek het mense al verwoede argumente sien voer oor die vraagstuk of water wat uit ’n bad in die drein afvloei in teenoorgestelde rigtings draai in die noordelike en suidelike halfrond. Dit is die maklikste ding op aarde om dit bloot gou self te toets. Daar is geen debat oor nodig nie.
So dekade gelede was daar bewerings dat "Planeet X" flink op pad is na die binneste deel van die sonnestelsel, en binnekort groot verwoesting hier sou veroorsaak. Hy was al so naby dat hy hier en daar met die blote oog gesien kon word, is daar oral oor die web vertel. Behalwe dat niemand jou kon sê waar om nou eintlik te kyk om die ding te sien nie, en weer eens het die pseudowetenskaplikes vasgeplak in hul gemakstoele gesit en deur ou manuskripte geblaai om die waarheid agter te kom eerder as om bloot op ’n helder aand buite te gaan staan en op te kyk.
Maar ons word van kleins af, veral op skool, (en dalk ook in die kerk? – ek weet nie want ek kom nie eintlik in die kerk nie) gedril om nie vir onsself te dink of waar te neem nie. Ouens soos KdK besef blykbaar nie hoe maklik sommige van hul bewerings deur enige gemiddelde persoon getoets kan word nie. Dan volhard hulle met ’n ding selfs wanneer die teendeel direk waargeneem kan word.
Baie eienaardig. Of dalk is dit nou bloot my hardkoppige agnostisisme wat my verblind.
Thomas,
Om jou onwaarhede en wanopvattings net so te herhaal, baat mos nie. Jy sal bewyse moet verskaf – ek het nooit ontken dat my naam van die rol geskrap is, nie en dit was nog nooit in geskil, nie. Maar ek ontken die sensasionele vals redes wat julle leuenagtig daaraan wil toeken in ’n poging om my getuies oor sake Gods, te probeer in diskrediet bring.
Dus, waar is die bewyse vir julle valse bewerings? Die skakels wat Cornelius geplaas het is stokou nuus, en gestroop van die gebruiklike sensasie, weerspreek die feite daarin julle.
Dan Jupiter se mane. Watter bewys het jy dat dit Jupiter se mane is wat jy gepubliseer het? Ek wag steeds daarop. Waarom gee jy nie die skakels na die briewe wat ons daaroor gewissel het, nie? Jou woord is gewoon nie goed genoeg, nie. Maar wag, laat ek by voorbaat die skakels plaas van jou brief en my antwoord waarin ek jou as wanvoorsteller en leuenaar uitwys.
Dieselfde met met Redelinghuys se storie – jy vertel maar oudergewoonte weer leuens. Waar is die skakels, dat die mense self kan sien wat aangaan? Redelinghuys self het gesinspeel dat hy ’n voortvlugtige is en daarna het ek daardie kwessie verder bevraagteken. Waar is die bewyse van jou ander wilde bewerings oor hom? Ek sal weereens doen wat jy nie wil doen, nie- die skakels plaas – want jy doen dit nie omdat mense jou wanvoorstellings en kwaadwilligheid self sal sien. Hier is my brief aan Redelinghuys, en hier is Redelinghuys se antwoord daarop, waarin hy self sinspeel dat hy ’n voortvlugtige is. Die briewe van Redelinghuys waarvan ek die skakels ek in my brief gee, waarop Redelinghuys reageer, is so waglik dat mens naar word daarvan. Weereens weerspreek die persoonlikheid wat Redelinghuys daarin openbaar, geheel en al jou vals ode aan hom. Ek het, terloops, ook in latere korrespondensie die skakels geplaas van die dokumentasie waar Redelinghuys en sy vrou, Eva, op die presensielys van die 2007 jaarvergadering van die Anglikaanse kerk voorkom (terwyl hy agteraf so Godslasterlik is) en ook die foto's se skakels waar hy en sy vrou by die weeshuis is – beide het hy probeer ontken deur dit as my verbeelding te probeer afmaak terwyl hy self uit die bloute gesinspeel het op die voortvlugtigheid...
Oor die kwessie van meme is jou wanvoorstellings aan die lig gebring – julle stem nie met iets saam nie, en dan word dit gewoon as ’n leuen afgemaak terwyl julle self nie skroom om mens se woorde te verdraai, soos Panda, en dan ander daarvan te beskuldig, nie.
En so foeter jy en Panda weer in jul eie kuil in, wat eintlik vir my gegrawe het – nes die Woord sê sal gebeur (Psalm 141:10).
Jy sal onthou dat ek hierdie sarsie inhoudlose, grondelose bewerings wat alreeds tevore gemaak en uitgewys is as julle leuens, te wagte was en daarom het ek vir jou gesê jy moet nie weer die bewerings maak sonder om ook die bewyse te verskaf, nie.
Dit is insiggewend dat jy nie die skakels plaas, nie. Natuurlik nie, want jou wanvoorstellings kom onmiddellik aan die lig. Panda het in sy arrogansie probeer om ’n skakel te plaas, en dit het liederlik teen hom geboemerang en hom as leuenaar bevestig.
Dieselfde het met jou gebeur.
Dus, weereens het jy maar net met jou voorspelbare optrede die klem laat val op julle modus operandi om wanvoorstellings te maak as julle nie meer weet watter kant toe, nie.
So, al wat jou optrede weereens uitwys, is julle reputasie as wanvoorstellers.
Kobus de Klerk
Thomas, dankie vir hierdie openbarende perspektiewe oor Kobus de Klerk. Gaan lees gerus my kommentare op my Prometheus Ongebonde-rubriek, "Dertien antwoorde teen onsinverkopers" wat onder die Opinie-afdeling van LitNet onder Skool-rubrieke verskyn het. Daarin het o.a. dr Leon Retief van Kanada in kommentaar De Klerk se onsin oor evolusie totaal verwoes. Kobus de Klerk kon dus nie eens in sy eie beroep die eerbiedwaardige pad van eerlikheid stap nie en is deur sy eie beroepsraad uitgeskop. Nou wil hy vir ons preek met sy aanhalings uit die Bybel. En hom voordoen as ’n kenner van alles-en-nog-wat. Die man het geen geloofwaardigheid nie en LitNet behoort by elkeen van sy Sê-net briewe ’n waarskuwing te plaas: "Die leser hiervan kan ernstige newe-effekte toon by die lees van Kobus de Klerk se skryfsels. Dit mag lei tot konstipasie van die verstand en die afskakeling van jou onsinverklikker. As teenmiddel, neem dadelik ’n gelyke dosis Darwin, Dawkins, Mayr, Coyne, Harris, Dennett en Zimmer om jou van die De Klerk-onsin te bevry."
En eindelik dien julle algar my punt wat ek maak – daardie kwaadwillige kwaadpratery om uit ’n hoek te probeer ontsnap – ten spyte daarvan dat ek hierbo bewyse tot die teendeel voorsien het vir Thomas se kwaadstokery.
Claassen tree nou ook tot die koortjie toe met sy eie unieke wanvoorstellings omtrent my. Ek was ook nie bewus van Retief se kommentaar nie, en sal mettertyd daarmee deel. Maar wat hy nie doen nie is om te verduidelik waarom hy op al die ander kommentaar van my, veral ook die van sy uitlatings oor sake Gods, tjoepstil bly. Dan sal ek ook graag wil weet watter relevansie enigiets wat hy van my sê, het ten aansien van my insig en kennis. Plaas dat hy ’n (amper) objektiewe poging sou aanwend soos Retief...
Brianvds maak ook aanmerkings van kommentaar van hom waarmee ek nie gehandel het, nie. Dalk wil hy die skakels voorsien, want ek weet nie daarvan, nie. Ons ontvang nie kennisgewings as ander mense op ons kommentaar reageer, nie. Ek kyk gewoonlik so ’n paar dae na die artikels verskyn en dan nie weer, nie.. Hy kan die skakels voorsien, dan sal ek beslis reageer.
Maar dit is duidelik – julle speel die man en nie die issues, nie – dit werk nie met my, nie. Thomas het ’n spul wanvoorstellings gemaak wat ek hierbo uitgewys het – julle het gaan partytjie hou met sy wanvoorstellings, want dit is julle aard. Dus hy het in sy eie put geval en julle het skromeloos saam ingespring.
As ek onder ’n skuilnaam geskrywe het, wat sou julle dan doen, hmmm?
Wat het julle daaroor te sê?
Kobus de Klerk
In antwoord op Kobus de Klerk se steeds voortgaande ontkenning oor die die mane van Jupiter: asseblief, geagte Heer De Klerk, doen net moeite deur jou verkyker op te tel en dit op Jupiter te rig (as jy dit in die naghemel kan kry). Met ’n gewone verkyker kan jy inderdaad baie duidelik Jupiter se mane sien, nie almal nie, maar die wat groot genoeg is en in daardie stadium weerskante van die planeet sigbaar is. Moenie soos Pous Urbanus VIII wees en die bevindings van die wetenskap – en dit wat jou eie oge sal waarneem as jy net die moeite doen – ontken nie. Heer De Klerk, ek herhaal die waarskuwing wat LitNet by elkeen van jou briewe en kommentare behoort te plaas: "Die leser hiervan kan ernstige newe-effekte toon by die lees van Kobus de Klerk se skryfsels. Dit mag lei tot konstipasie van die verstand en die afskakeling van jou onsinverklikker. As teenmiddel, neem dadelik ’n gelyke dosis Darwin, Dawkins, Mayr, Coyne, Harris, Dennett en Zimmer om jou van die De Klerk-onsin te bevry." Heer De Klerk, jy klink soos Johannes Calvyn wat in die 16de eeu die versugting uitgespreek het, "Wie sal dit waag om die gesag van Copernicus bo die van die Heilige Gees te stel?" Jou briewe kon netsowel deur Calvyn geskryf gewees het.
KdK:
Hier's hy:
https://www.litnet.co.za/Article/brianvds-en-die-darwinistiese-bastille
Dalk koeie wat nou ook al so oud is hulle moet dalk liefs in die sloot gelos word. Ek weet nie of dit enige sin het om met jou te debatteer nie.
Kobus se reaksie op my, George en Brianvds se skryfsels sê dit alles. Ek vertrou dat al die lesers op die Sê se onsinverklikkers (dankie George vir daardie vertaling van Carl Sagan se begrip) nou weer behoorlik aangeskakel is. Gereelde reaksie op die onsin wat KdK hier versprei bly noodsaaklik om lesers se onsinverklikkers gekalibreer te hou.
Groetnis
Thomas
Kobus:
As jy onder ’n skuilnaam geskryf het sou ons steeds weet dit is jy.
Ons, sou jou, aan jou gebruik, van kommas, kon, uitken.
Kobus,
Is dit nie interessant hoe hierdie ateïste te kere gaan nie. Hulle vul mekaar aan en gaan dan vurig gal af en/of raak sarkasties om hulleself blykbaar te laat goed voel. Ek dink hulle doen dit maar om die ou gewete te sus en om hulleself nog aantehou oortuig dat hulle gekose verlore weë OK is deur dit te selfregverdig met hul wanbegrip ten opsigte van die Waarheid van God se Woord – maar maak geen fout nie, die gebruik van “groot” en “geleerde” woorde word mildelik vir hierdie doeleinde gebruik, só asof dit die leser (en hulself) van hul wysheid (aka dwaasheid) verder moet oortuig. Hulle is ook gewoonweg daarop uit om deur hul eie verdraaing die aandag weg te lei van die Waarheid van God se Woord en dit eerder op hul eie wanhopige pogings vir selfregverdiging te rig deur jou te probeer uitwys.
Hulle besef nie dat hulle aanvalle (persoonlik of nie) geen effek het of enigsins kan hê nie. Dit is maar net nog ‘n bewys dat hulle geen begrip of verstand het om die Waarheid van God se Woord te begryp nie – hulle klop hulself klaarblyklik op die skouer en wens mekaar geluk op hul eie “reaksies” op jou skrywes – soveel só dat hulle mekaar glo en die snert van hul hoë priesters, Darwin, Dawkins, en dies meer (wat ook hul eie snert glo) aanbeveel – maar dan het “ongelowige” Thomas al dikwels vir ons probeer oortuig dat sommige “wetenskaplike teorieë” (veral dié waarop die evolusie snert berus) nie noodwendig bewys hoef te word nie maar dat die aananmes wat dít ondersteun as “bewys” aanvaar kan word….(ek byt op my tande om nie te lag nie). Maar Thomas is bekend daarvoor dat hy ‘n probleem het met kabouters en dies meer (seker iets wat in sy verlede gebeur het) en sukkel vandag nog om daaroor te kom.
Arme (en ek bedoel geloofs arme en rigtings arme) George weer, dink dat ons waarde heg aan die dwaashede wat erkende haters van die ware christelike geloof, soos byvoorbeeld Dawkins (veral) op ‘n gereelde basis kwytraak. Asseblief tog man! – maar dan weer, te oordeel aan George se eie snert wat hy gereeld hier op LitNet kwytraak is dit seker te verstane – die selfagting darem! George, die waarskuwing wat ek voorstel LitNet by jou skrywes voeg, moet lees as volg: "Die leser hiervan kan ernstige newe-effekte toon deur die menslike dwaalleer, eiewysheid en selfopheffing by die lees van George Claassen se snertsels. Dit mag lei tot konstipasie van die verstand en misleiding na die leuen van satan self en die aftakeling van jou verdediging indien jy nie ín Christus is nie. Let veral op die ondersteuniung materiaal waarvan hy gebruik maak vanaf ander insigloses en eiewyses soos Darwin, Dawkins, Mayr, Coyne, Harris, Dennett en Zimmer. Indien jy wel ‘n ware gelowige christen is en daarom God se genadeversoening in Christus aangeneem het – moet glad nie oor hierdie snertsels bekommerd wees nie dit sal GEEN effek hoegenaamd op jou hê nie. Probeer om nie hardop te lag daarvoor in publieke plekke nie – aan die anderkant, as jy nie anders kan nie – lag maar hardop!”
Brianvds (die komma behepte man) aan die anderkant, het erken dat hy geen idee en/of begrip van sake Gods het nie (ons kon dit uit sy insiglose skrywes al klaar aflei, maar nou ja), hou homself weer besig om te spring op enige skrywe waar sy evolusie afgodsdiens bevraagteken en of as bewysde snert uitgewys word. En as hy niks meer het om te probeer “bewys” nie gee hy gedurigdeur ewe vervelende en niksseggende skakels ter ondersteuning van die evolusie dwaasheid deur……..Gaap!
Maar nie te min, Kobus, sterkte my ou maat – onthou hierdie aanhangers van die leuen van die wêreld het nie die vermoeë om te kan vergewe nie en daarom die gedurige ou koeie. Die ergste van alles is dat hulle skuil (onwetend?) agter hul eie insigloosheid en wanbegrip van die Waarheid deur die leser se aandag op jou te vestig eerder as om die risiko te loop om self blootgestel te word as die eintlike aanhangers van die leuen!
Terloops, die punt wat hulle heeltemaal mis, is dat jy (en elke ware gelowige christen) klaar in die Oorwinning staan ín Christus!
Sterkte
Dolf
Thomas:
Kobus de Klerk kan benewens die die toekenning van Kluitjiebakker en ’n paar ander onvleiende titels wat hy al hier op die Sê losgeslaan het, beslis ook aanspraak maak daarop dat hy ’n ‘gatomswaaier’ van formaat is. Ek haal twee uitsprake van hom oor Copernicus as voorbeeld aan
En toe later weer:
Om die beurt word Copernicus geklassifiseer onder ‘agnostici’ en 'n gepaardgaande belediging toegesnou en dan weer uit die bloute geprys as ’n gelowige wetenskaplike.
Terloops — wat sou dit beteken waar hy sê: “ . . . dat die planete om die son wentel en nie andersom nie.”? “Andersom” beteken mos dan dat die son om die planete sou wentel — om Mercurius, Venus, die aarde, Mars, Jupiter — dus om die hele lotjie. Dit sou darem wragtig gedoen wou wees en ek is onbewus daarvan dat daar ooit so ’n simpel opvatting bestaan het. Nogeens een van sy leuens tensy hy natuurlik die bewys op die tafel kan sit.
Dr. Leon Retief se kommentaar waarna George verwys het, kan u — indien u dit nog nie onder oë gehad het nie — gerus nalees by:
https://www.litnet.co.za/Article/dertien-wapens-teen-onsinverkopers
Panda
Heer Claassen,
Eerstens is jou hantering van feite darem baie verdag vir 'n man wat doen wat jou doen vir n lewe. Magtig, waar het ek gesê dat Jupiter nie mane het, nie? Wat ek gesê het is dat dit nie met Thomas se seun se 200 mm teleskoop gesien kan word, nie (onder meer).
Doen gerus die moeite en open daardie skakel van 'n brief wat ek voorsien het en waarin 'n foto van Jupiter verskyn wat deur professionele 200 mm teleskoop geneem, is. Mane? Niks. Net die bande om die planeet.
Verbasend hoe julle so teen die prikkels skop. Die feite is daar, maar julle sal stry. Julle onsin verklikkers teen jul eie onsin is natuurlik al so oorlaai dat dit nie meer funksioneel is nie en enigiets as onsin aanmerk.
Lyk mos vir my die mane van Jupiter hou vir julle een of ander magiese konnotasie, in - algar maak aanspraak dat hulle dit gesien het. Gan De, die Sjinees, het al in 362 v.C. aanspraak gemaak op die sien van 'n Jupiter-maan met die blote oog. Watter snert. Hier is nog 'n foto van Jupiter wat na bewering deur die kragtige optika van Voyager 1 geneem is, ongeveer slegs 40 miljoen kilometer van Jupiter af. Die maan wat daar baie klein en sigbaar is, is vermoedelik ganymede, die grootste maan. Daar is geen manier hoe die mane, enige van hulle, met die verkyker of die 200 mm teleskoop van die aarde sigbaar sal wees nie. Julle verbeelding hardloop met julle weg en julle sien spikkels in die sigweg as Jupiter mane aan - jupiter is na bewering 4,2 AE (meer as ong 628 miljoen km) van ons af weg terwyl ganymede se deursnee 'n minuskule ongeveer 5,300 km is. - n blote spikkeltjie in perspektief.
Thomas,
Jy is weer verkeerd. Geeneen van Claassen of Brianvds het op enige stadium die feite wat ek in my skakels gegee het, weerlê met enigiets wat hulle gesê het, nie. Weereens maar net wilde bewerings - julle kan klaarblyklik in elk geval nie tussen waar en onwaar, feit en fiksie, onderskei, nie.
Kobus de Klerk
Kobus:
Feite oor die gradering en helderheid van hemelliggame: .
Die oënskynlike helderheid (d.w.s. soos deur die blote oog waargeneem) van hemelliggame en sterre word uitgedruk in magnitudes. Tipiese magnitude 1 sterre (Aldebaran, Altair) is bv. 2,.512 keer helderder as ’n magnitude 2 ster en 100 (2,512^5) keer so helder as ’n magnitude 6 ster, wat ongeveer die dofste ster is wat met die blote oog sigbaar is. Baie helder voorwerpe (Venus, Jupiter, Sirius en die son o.a.) het selfs negatiewe magnitudes. Die indeling word volgens ’n logaritmiese skaal gedoen waar:·
’n Paar bekende liggame se magnitudes is: (Son, -26,7; Vol maan -12.7 Sirius -1,46 en Canopus -0.72)
En terloops — net vir die interessantheid want dit het niks met die punt wat ek probeer maak te doen nie:
Die aantal sterre wat met die blote oog sigbaar is, is ongeveer:
Die magnitude van Ganymede — een van Jupiter se mane — is ongeveer 4. (4,4 om meer presies te wees). Daarteenoor is die magnitude van Sirius B slegs ongeveer 8 (8.44 meer presies). Ganymede is dus die magnitude van 8 (1 585) gedeel deur magnitude 4 (39.82) d.w.s. byna 40 keer helderder as Sirius B. Dié is trouens so dof dat dit nie deur ’n teleskoop nie maar eers op ’n foto van Sirius, wat deur ’n baie groot teleskoop geneem is, ontdek is.
Nou as dit volgens Kobus de Klerk onmoontlik is om Ganymede met ’n 200mm teleskoop vanaf die aarde te sien, hoe de duiwel kan enigeen hoop om vir Sirius B wat 40 keer dowwwer is, met ’n teleskoop van net 150mm, te sien, soos wat hy beweer wel moontlik is. Dan kan daar mos wragtig nie van enigeen met normale gesonde breinselle verwag word om nie uit te bars van die lag nie. Of hoe Dolf?
Panda
Die reaksie van KdK en die alomteenwoordige Dolfie, wat insigloos agterna kef, het die geldigheid van Leon Retief se aanhaling, wat die aanhef tot sy repudiasie van KdK se kreasionistiese snert uitmaak, pragtig onderstreep:
Panda: Ek het so gevoel jy het jou boodskap op ’n woordverwerker getig, en vergeet om die "autocorrect" funksie af te skakel, wat toe die term "magnitude" beduiwel het. Nou sit jy daar met ’n hele versameling dankbare sterre en planete.
Maar jou boodskap is heel in die kol. Ek vermoed wel dat die rede waarom mens Sirius B nie met ’n klein teleskoop kan sien nie is dalk eerder omdat hy te naby aan Sirius A is eerder as dat hy te dof is. ’n Verkyker is genoeg om voorwerpe van magnitude 8 mee te kan sien.
Brianvds
Dankie vir die 'gratitude' wat 'magnitude' moet lees. Ek is morsdood aan die slaap gevang?.
Panda
Ek bemerk Panda het dit nou weer oor sirius b en ganymede.
Ek het dit al tevore verduidelik.
Behalwe dat hy tevore beweer het dat ganymede 100 keer meer helder is as sirius d en nadat ek sy onkunde uitgewys het en hy nou sê dat ganymede 40 keer helderder is as sirius b, is daar dinge wat panda skynbaar steeds net nie kan verstaan nie.
In die eerste plek is die afstand en posisionering van sirius b vanaf die son glad nie relevant vir sirius b nie, soos dit wel is vir ganymede nie. Sirius is ’n ster (dus soos die son) met ’n aktiewe inherente luminositeit (liggewende hoedanigheid weens elektromagnetiese bestraling) terwyl ganymede oor geen sodanige luminositeit beskik nie, maar bloot lig (elektromagnetiese bestraling van die son) reflekteer, soos ons eie maan.
Dus, sirius b se sigbare helderheid, ongeag die afstand van die son af, bly min of meer konstant en só ook die passiewe inherente luminositeit daarvan (wat voorspel word oor die bestek van biljoene jare eers sal taan), soos van die aarde af sigbaar. Daarom sal nie net die luminositeit nie, maar ook die sigbare helderheid van sirius b redelik konstant bly, ongeag hoe vêr dit van ons son af geposisioneer is.
Nie so met ganymede nie. Ganymede se sigbare helderheidsfaktor sal dramaties varieer en afneem weens hoofsaaklik drie redes – ligdiffusie, die posisie van ganymede relatief tot die son en die aarde as twee voortdurende variante, aangesien ligrefleksie van die son en sigbaarheid vanaf die aarde vir ganymede se sigbare helderheid verantwoordelik is en derdens omdat ganymede geen inherente luminositeit het nie. Verder speel die faktore wat ek in die ander artikel op wys, ook ’n rol. Daarom sal ganymede net soms vir ’n relatief kort rukkie op ’n slag ’n maksimum sigbare helderheid vanaf die aarde hê, omdat dit perfek geposisioneer moet wees om só sigbaar te wees, maar ook net met ’n baie kragtige teleskoop, omdat dit relatief so klein en vêr is, terwyl sirius b, ongeag sy posisie relatief tot die aarde óf die son, weens inherente luminositeit, konstant sal bly vir solank dit vanaf die aarde sigbaar is – wat bykans voortdurend is (behalwe in die noordelike halfrond veral bokant die 73ste breedtegraad, beweer die ouens wie sê hulle weet van dié dinge).
Bykomend, is die volgende ook relevant – As sirius a ’n sigbare helderheidsfaktor van -1.4 het en dit is 10,000 keer die intensiteit van sirius b, dan is sirius b se sigbare helderheidsfaktor gepaard met die inherente luminositeit nie ’n powere 25.4 soos panda tevore gesê het tot ek hom reggehelp het, nie, maar inderdaad ’n véél sterker konstante ongeveer 8.3 tot 8.5, wat dit inderdaad baie sigbaar as helder kolletjie maak, anders as die hoogs variërende sigbare helderheidsfaktor van ganymede wat ook nog boonop baie kleiner is a sirius b (wat omtrent dieselfde massa as die son het, gepak in ’n kompakte volume omtrent soos die aarde), terwyl ganymede veel kleiner en onbenulliger is as sirius b en oor geen luminositeit beskik nie.
G’n wonder dat mens ’n 150mm teleskoop van goeie gehalte kan inspan en sirius b sien, veral is jy gebruik maak van ’n goeie polaroid filter om die lig geraas (clutter) van die veel helderder sirius a mee te filtreer, nie maar nie vir ganymede kan sien nie, omdat dit in helderheid varieer na gelang van die posisie met die son asook ’n baie klein en vêr objek is sonder enige inherente luminositeit.
Dus, om van die teoretiese magnitude van hemelliggame te praat sonder om die bogenoemde faktore in ag te neem by die beoordeling van die praktiese faktore wat reële sigbaarheid sal affekteer, is soos om na die skietbaan te vertrek met jou duur geweer, met al sy fabrieksdata oor die ballistiese kwaliteite, maar sonder die slotmeganisme om dit inwerking te kan stel. Jy kan maar praat, die ander ouens sal jou mettertyd ignoreer en voortgaan die aanwending van hulle gewere met slotaksies in, wat algar beter presteer as die een waarmee jy daar is, sónder slotaksie.
Waarop dit neerkom, is dat alle spesifieke inherente hoedanighede en bydraende en relevante faktore vir sigbaarheid vanaf die aarde inaggenome, sirius b eintlik meer konstant en duidelik van die aarde af sigbaar is (behalwe in lande noord van die 73ste breedtegraad) met 'n ordentlike apparaat, as die jupiter maan, ganymede – as jy weet hoe om vir sirius b te kyk daarvoor langs die oorheersende sirius a.
Kobus de Klerk
Dolf,
Dankie vir die onderskraging.
Wat die klompie agnostici probeer doen, is niks nuuts nie en herhaal hulleself maar oor en oor, tot vervelens toe. Elkeen van hulle dink dat, as hulle my probeer beledig sal ek weggaan en nog meer onsinnig, sal dit enigsins afbreuk doen aan wat ons as gelowiges hier weergee. Nie een van hulle het die insig om te besef dat dit wat ons weergee, die getuienis wat ons die voorreg het om uit die Woord te bring, op eie meriete staan en ons eie tekortkoming daar geen afbreuk aan kan doen, nie.
Dan is daar ook die ding dat hulle nie verstaan wat ons skrywe, nie. As mens dit nie op baie eenvoudige vlak hou nie, dan verstaan hulle glad nie. Panda het veral so ’n probleem. Sy onkunde en gebrek aan insig is op amper uniek lae vlak – ek wonder of hy nie anderstalig is, nie. Dalk is Afrikaans vir hom ’n aangeleerde taal, en besef hy nie aldag wat daarmee gebeur, nie. Die nuutste is dat hy nie kan onderskeid tref tussen die betekenis van agnosties, en sekulêr, nie. Toe ek van Copernicus gepraat het, het ek gesê hoe sekulêr sy benadering is, maar dat hy tog ’n gelowige was. Sy oorweging om die heliosentriese stelsel eerder as die geosentriese stelsel te aanvaar, was nie op enige wetenskaplike geronde gebaseer, nie, maar op religieuse filosofie vanweë die sogenaamde 'heerlikheid' van die son. Daarin het Galileo hom nagevolg en met dit in gedagte, het hulle die heliosentriese stelsel in sy essensie 'ontwerp'. Maar, as die aarde en die son, byvoorbeeld, plekke sou omruil in ’n tipe geosentriese stelsel, sou die waarneming van die gedrag van die planete teenoor die son, mutatis mutandis dieselfde wees. Dit sou steeds lyk asof die planete om die son wentel. Ek glo dat ons ’n heliosentriese stelsel het, nie oor die modelle wat hulle voorhou nie, maar omdat daar aanknoping in die Woord is vir ’n heliosentriese stelsel.
Panda is blykbaar nie bewys daarvan dat mense gelowiges kan wees, en hul lewens volgens ’n sekulêre lewensbeskouing lewe, en hulle geloofsbelewing net vir Sondae of dergeliks, reserveer, nie. Dit is beslis nie hoe dit gedoen moet word, nie, maar dit is hoe sommiges dit wel doen. Dit is waarskynlik deel van die loues waar van die HERE in Openbaring 3, praat. Ek meen Copernicus was straks so ’n persoon.
Feit is, niemand van die agnostici kan werklik bewys wat hulle sê, nie. Hulle maak aannames, bou dan ’n teorie daarom heen en gebruik dan daardie selfde aannames om hulle aannames mee te probeer bewys. As ons hulle daarop wys, val hulle ons persoonlik aan. Hulle plaaslike ghoeroe, George Claassen, is maar dieselfde en is ook maar in daardie strik vasgevang. Dit lyk amper asof hulle van spoor af gaan van blydskap oor Retief (het jy al ooit van hom gehoor?) my kwansuis sou weerlê – bloot omdat ek nog nie op sy goed gereageer het, nie (maar ek sal) want ek was nie daarvan bewus, nie – eienaardige reaksie veral van George Claassen af in die verband. Hulle reaksie op Retief se poging is amper kostelik – so asof hulle uiteindelik iemand gekry het wat vir hulle probeer dink – iets wat hulle kwalik self regkry, van ghoeroe tot moegoe.
En dan praat Brianvds van vrees vir inligting wat idees kan bedreig – dit is juis hulle wat so vrees vir die inligting wat ons voorsien wat hulle idees verpletter, daarom die persoonlike aanvalle om die aandag te probeer afwentel. Dit is ook tragies om te sien hoe hulle in daardie proses skromeloos feite en waarheid verdraai en nie die manmoedigheid het om dit te erken of te laat staan, sodra hulle keer op keer uitgewys word, nie.
Hulle val in hulle eie putte, soos die Woord sê hulle sal (Psalm 141:10), en so dien hulle maar net weer die Waarheid en betroubaarheid van die Woord.
Groete,
Kobus de Klerk
Kobus: – Net terloops, dit is nie ek wat Jupiter se mane se sigbaarheid al dan nie hier onder kommentare op die tafel gesit het nie. En ja, jy is heeltemal reg. Ek het voorheen na ’n duimskatting aangedui dat Sirius B ongeveer 100 keer helderder as Ganymede is. Ek gee toe dat dit nie eers naby die kol was nie.
My tweede poging van 40 keer, in my kommentaar hierbo iewers was ook maar by benadering maar dit was darem nie meer ’n duimskatting nie omdat ek dit gebaseer het op magnitudes van 4 vir Ganymede en 8 vir Sirius B. Die presiese magnitudes is egter 4.4 en 8.44 onderskeidelik. Ek het nou maar uitgeskei met die skattings en ’n presiese berekening gemaak sodat jy dit self maklik kan toets en die uitslag is: Ganymede is 41.31226537 keer helderder as Sirius B. Ek stel voordat ons skik op 41.3 keer.
Panda
Kobus skryf:
"En dan praat Brianvds van vrees vir inligting wat idees kan bedreig – dit is juis hulle wat so vrees vir die inligting wat ons voorsien wat hulle idees verpletter, daarom die persoonlike aanvalle om die aandag te probeer afwentel."
Kobus, jy het vandat ek hier op LitNet in jou vasgeloop het nog nie een enkele brokkie inligting voorsien nie. Jy het geen toetsbare hipotese van enige aard oor enigiets nie. Al wat jy kan doen is om alle inligting wat aan jou verskaf word as spekulasie af te maak.
Ek sal meer oor die Jupiter-ding sê by die ander boodskap.
Briandvds,
Dit is julle aansprake, teorieë en modelle wat onder die loep is. Dit is julle wat aanspraak maak op 'onomstootlike bewyse' vir al die snert. Dit is ons wat inligting, baie daarvan, voorsien wat ernstige twyfel laat oor julle aansprake, aannames en modelle. Julle reaksie? Reekse pogings tot verdagmaking, persoonlike beledigings teenoor die boodskapper en dan nou jou nuutste, beskuldigings van trollery – maar verklarings vir ons teenargumente? By meeste van julle geheel en al afwesig en in jou geval, die pogings gou gewonne gegee om plek te maak vir daardie immer aanwesige agnostiese slegsê – taktiek. Soos jy self by implikasie sê, jy vind dit moeilik om nie daartoe oor te gaan, nie....
Ons, aan die ander kant, het, veral wat die natuurwetenskappe aanbetref, nie nodig, soos julle, om allerlei teorieë en modelle te prakseer om leemtes te vul, nie. Ons het nie sodanige leemtes, nie. Ons het eerstehandse getuienis, van die Skepper Self, dat HY die skepping bewerkstellig het soos in Genesis aangeteken. Dit sal sekerlik nie vir jou sin maak nie, anders was jy mos ’n gelowige.
Al wat dus vir ons oorbly, is om die detail van hoe God gedoen het, vas te stel deur SY skepping te ondersoek – iets wat julle ook doen, maar met ander motiewe. Dit is julle motiewe wat veroorsaak dat julle oorhoops is met allerlei spekulasie, aannames, konjektuur, hipotese, modelle en raaiwerk omtrent dit wat vir ons voor die hand liggend, is. Julle motiewe en spekulasie doen egter nie afbreuk aan die nuttigheid van die feitelike resultate van sommige van julle navorsingswerk, nie, want dit is, onder andere, baie van daardie feitelike resultate wat net meer detail verleen aan wat God reeds te kenne gegee het in baie beknopte formaat in Genesis – en dus die Genesis weergawe onderskraag (nie dat julle dit so wil hê, nie).
Kobus de Klerk